Monthly Archives: January 2015

Hebreërs 4:1 “1Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie.”

Gister het ons net so geraak-raak aan die diepste verborge waarhede in Hebreërs 3:12

12  Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.  13  Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. ……..dat dit (weggesteekte / onbeleide) sonde in ons lewens is wat ons verlei en die oorsaak is dat ons nie meer wil glo wat die Here in Sy Woord sê nie…….. en ons harte as gevolg van ongeloof verhard……

Hoor jy nog / al die stem van die Here?……. of het ongeloof jou hart reeds verhard?……….. pas dit wat jy hoor dalk nie by jou menslike logika in nie?…….

In hoofstuk 4:1 lees ons ……… 1Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie. …….. ons leef nog in Genadetyd………God gee ons nog die kans…….. ons het vandag nog die geleentheid om ons saak met HOM reg te stel……… 2Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.   ……. Die (met respek gesê) “gom” wat alles bymekaarhou is geloof……… om soos Hebreërs 11:1 dit stel …….Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. ……..om absoluut te kan glo in die menslik gesproke onmoontlike……….om onwrikbaar te kan Glo teen ons menslike logika, kennis, ervaring en beterwete in…….. om te kan Glo dat Jesus ons regtig kom Vrykoop het met Sy Kosbare Bloed van alles wat ons lewens manupileer…….. om te kan Glo dat ALLE mag in die hemel en op aarde aan HOM gegee is …….Mattheus 28:17-18……… 17 En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel. ……afgesien daarvan wat die dissipels vir 3 jaar in die nouste omstandighede met Jesus saamgeleef het…….. afgesien van die wonderwerke wat daagliks in hulle teenwoordigheid gebeur het……… hulle het dit met hulle eie oë gesien……… steeds het hulle getwyfel of Jesus regtig die Seun van God is……..dat Hy waarlik Koning van alle konings is…..…. daarom sê Hy vir hulle………18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.……… dalk was hulle verwagting van Hom anders?……… hulle wou dalk hê Hy moet koning word en die Romeine verslaan?……… net soos ons verwagting dalk is dat Hy ons moet seën met voorspoed en rykdom en gesondheid…….. terwyl Jesus gekom het om in ons plek ons sondelas te dra en ons Vry te Koop van die begeertes van hierdie wêreld waarin ons leef…….. die begeerte na ‘n volgende sigaret……… die begeerte na ‘n volgende dop(pie) brandewyn……… die begeerte na ‘n volgende dwelm “fix”……..die begeerte na pornografie…….. die begeerte na ‘n ander man se vrou / man……..die begeerte na ‘n verhouding buite Sy Wil …….. die begeerte na ‘n ander man se huis of besittings……. die begeerte na rykdom………die begeerte na erkenning ………die begeerte na status en aansien………. DIT ALLES is waarvoor HY uit die Graf, uit die dood opgestaan het……… dit is waarvoor HY drie dae lank in die hel, in my en jou plek was……… sodat ons kan VRY kom van die leuens wat die duiwel ons vertel…….. die leuens waarmee hy ons aan die hel vasbind………GLO jy dit??…….. Glo jy dat HY in staat is om die onmoontlike in jou lewe te doen………ek en jy het vandag nog die tyd en geleentheid om die donker skadukolle en die wegkruipplekke van ons harte, in die LIG te bring en Skoongewas te word deur Sy Kosbare Bloed!

Hebreërs 4:14…….….14Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.  15Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.  16Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Here, kom ons ongeloof tot hulp! Leer ons om die Bybelse Waarhede te glo en nie langer die duiwel se leuens nie. Dankie vir vandag wat U vir ons gee om ons lewens met U reg te maak! Dankie dat U as Hoëpriester self alle versoekinge deurgegaan het. Dankie dat U die mag van die bose oorwin het aan die Kruis en in die graf.

Hebreëres 3:12 Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.

Ons weet almal dat Hebreërs vir die Jode geskryf is, en die hele boek wentel rondom realiteit om aan hulle te bewys dat Jesus die beloofde Messias is. Die eerste paar hoofstukke word vergelykings getrek tussen engele as boodskappers van God en Jesus wat verhef is bo alles en almal, as die Seun van God. Israel het geweet om Moses te vereer en hoe belangrik hy was as instrument in God se hande tydens die uittog uit Egipte.

In hoofstuk 3 lees ons: 1 Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus, 2 wat getrou was aan Hom wat Hom aangestel het, net soos Moses ook in sy hele huis. 3 Want Hy is meer heerlikheid waardig geag as Moses, namate hy wat die huis gebou het, meer eer het as die huis; 4 want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God. 5 En Moses was wel getrou in sy hele huis as ‘n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word, 6 maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou. ……..hierdie laaste paar woorde bevestig net weer die boodskap wat dwarsdeur die Bybel gestel word……. ‘n mens kan jou geloof verloor as jy nie aktief besig is en aanhou om vas te hou aan Jesus as die Bron van Lewe nie …… in vers 14 lees ons……. 14 Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou;……..

Dan trek die volgende verse ‘n vergelyking terug na Numeri 13 (lees die geskiedenis gerus self), toe die Israeliete, ten spyte van al die wonderwerke wat hulle reeds beleef het, nie wou glo dat God in staat was en hulle sou help om die Kanaanitiese reuse te oorwin nie…… in Numeri 14:11 lees ons…….  Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het? …….. Oppas!…….. ons kan maklik na daardie geskiedenis verwys en sê: “Hoe dom was Israel nie!” ……… en intussen is ons net so besig om God se Almag te verag ……. Ons weier om God se beloftes te glo, ten spyte van omstandighede wat getuig hoe HY ons daagliks versorg ……. ons wil nie glo dat Hy ons kan vrymaak van die reuse in ons eie lewens nie……. en deur daardie ongeloof, verag ons eintlik vir God…….

Terug by Hebreêrs 3……… 7 Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, 8 verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie, 9 waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het. 10 Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie, 11 sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. ……. Is ons nie almal op soek na daardie RUS en VREDE wat ons net by God kan vind nie?…….. Hier sê HY dat net die wat HOM vertrou, in daardie RUS sal ingaan……. Wat maak ons ongelowig?………12  Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. 13 Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. …….. sonde wat ons aanhou doen…….. sonde waarmee ons nie wil ophou nie……… sonde wat ons aanhou vertroetel…….. dit is wat ons verhard…….. dit is wat ons van binne dood wurg, totdat daar geen Lewe in ons meer oor is nie…….. tot my skande moet ek weer erken, ek was daar…….. gevoelloos……. emosieloos…….. sonder empatie vir enige iemand…….. my lewe het net rondom myself gedraai……. en glo my, dis ‘n plek waar niemand wil wees nie……. geen Vrede nie…….. sonder God ……. alleen……. jy wil nie daar wees nie…….. deur Genade alleen het ek vrygekom daarvan toe ek uiteidelik in gehoorsaamheid God se opdrag, wat ek aanvanklik geweier het om te doen, gaan uitvoer het…….. hoe dom is ons self nie? …….. ons bring soveel leed oor onsself………net omdat ons Sy Beloftes nie wil glo nie…….. terwyl God reeds die antwoorde en oorwinning het……. ongehoorsaamheid bring verwydering tussen ons en God…….. ongeloof bring verwydering tussen ons en God

Ek het nog so baie op my hart oor hierdie kosbare gedeeltes, maar wil afsluit met Hebreërs 2………1 Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie. 2 Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het, 3 hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, 4 terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?

Here ons kan so maklik in dieselfde gat as die Israeliete trap deur nie U Beloftes ons eie te maak en daarvolgens te lewe nie. Dankie vir die Genade en Vrede en Rus wat ons IN Jesus Christus as Saligmaker kan ervaar.

 

Is jy gereed om die Here nóú, binne die volgende halfuur te ontmoet?

Is JY gereed om binne die volgende halfuur voor God te staan??…….. Wat gaan Hy vir jou sê??……… Waarop maak JY aanspraak?

Gister kom een van die jongmanne van Umpakhati (tevore ‘n dwelmslaaf) na my toe……. Hy het die vorige nag ‘n baie duidelike droom gehad oor ‘n bekende persoon wat langs hom doodgeskiet is en sy vraag was moet hy die persoon daarvan vertel?……. hom moet waarsku?…….. op daardie oomblik was dit net vir my duidelik dat selfs al word die persoon gewaarsku…….. selfs al sou die persoon uiters versigtig wees en elke potensiële plek van konfrontasie vermy ……. selfs al sluit daardie persoon homself in ‘n kamertjie toe…….. daar is vir elkeen van ons ‘n bestemde tyd……. dalk heeltemal onverwags…….. soos ‘n dief in die nag…….. moontlik op die mees ongeleë tyd…….. dat ons voor daardie Heilige Wit Troon sal verskyn……. die vraag is eerder: “Is daardie persoon gereed om voor God te staan,……… of is daar nog dinge in sy lewe wat hom verwyder van die Genade van God?”…….. “is daar nog sonde wat hy in sy gedagtes vertroetel en waarvoor hy in skaamte gaan staan?”…….. is daar nog dinge in sy lewe wat hy iewers in ‘n “geheime” / “privaat” kamertjie van sy hart wegsteek?……… is daar dalk nog dinge wat hy met ander mense moet regmaak?……… is daar nog opdragte wat God hom gegee het wat hy in nalatigheid net nie by uitgekom het nie want ander aardse dinge was belangriker?………..wat gaan hy vir God antwoord as God hom vra waarom HY hom toegang tot die Hemel moet gee?………en al hierdie selfde vrae geld vir elkeen van ons….. is ons gereed?……. nóú …….nie oor ‘n dag , of ‘n week, of oor ‘n maand nie……. is ek en jy nóú gereed?…… hoe gaan ek en jy God antwoord?……. watter aanspraak het ons om die Hemel binne te gaan?……..

Ek dink hier aan Mattheus 7: 13…….Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. …….hoekom is daar min wat dit vind?…….. want hulle prioriteite is gerig op hierdie aardse dinge…….. hulle lewe asof hulle vir ewig gaan lewe…… en maak hulle skatte bymekaar waar mot en roes alles laat vergaan…….. terwyl hulle nalaat om skatte vir die hemel te versamel!…….. is ek en jy ook deel van hulle?

Net verder in Mattheus 7:21 lees ons…….Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! ……..ek verwonder my altyd aan hierdie verse……… hierdie was nie somme gewone Christene nie……… kyk net waarop kan hulle alles aanspraak maak!……… en nogtans sê God vir hulle: “Gaan weg van My”

Wat is dan SY Maatstaf?………in 1 Johannes 5:10 lees ons…….Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.…….. die persoon wou nie God se Vrymaking van die mag van sonde aanvaar wat IN Jesus is nie……..11 En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. 12 Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. 13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God. ……..daar is net EEN Sleutel wat die Hemel vir ons kan oopsluit……..1Timotheus_2:5……. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, …….. is SY Bloed jou enigste aanspraak?  ……… of gaan jy ander stories vir God probeer vertel?……… is jy gereed om nóú voor God te staan?……

Ek sluit af met Hebreërs 9:27……..En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, 28 so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.

Here hierdie Geheimenis is vir baie bedek en hulle probeer op allerhande maniere self hulle saligheid verdien, maar dankie vir Jesus! Dankie vir U Genade wat IN HOM vervat is. Ek wil vanoggend vir elkeen wat hierdie boodskap lees, kom bid. Ek bid vir tyd vir die wat nog dinge in hulle lewens moet uitsorteer of aan die lig moet bring. Ek dank U vir die herinnering gister dat elkeen van ons voor U Heilige Troon sal verskyn. hou ons getrou aan U Wil vir ons lewens.

Effésiërs 2:8-9 “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie”

Een van die gewilde moderne redenasies om die outoriteit van God se Woord te bevraagteken, of selfs aan te val, is dat die Bybel homself weerspreek……… Verse wat byvoorbeeld gebruik word is:…….. Mattheus 5:20 waar Jesus in die bergpredikasie sê:…….20 Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. …. teenoor Effésiërs 2:8-9……..8  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9  nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.………Mattheus 5 sê werke, werke, geregtigheid…….selfs meer as die Fariseërs…….. waarsonder niemand God se Koninkryk sal ingaan nie,…….. teenoor Effésiërs 2……. Genade, Geloof, geen werke nie……… hoe moet ons dit verstaan?………weerspreek die gedeeltes mekaar regtig soos dit op die oog af lyk?………

Wanneer ons as mens teksverse in isolasie en uit konteks neem, beland ons maklik op so ‘n dwaalweg, …….. want net in die opvolgende verse in Effésiërs 2………10  Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel……..13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër vêr was, naby gekom deur die bloed van Christus.……… werke behoort die outomatiese uitvloeisel / resultaat te wees wanneer ons skoongewas is van ons sondelas……… dit kom vanself……. uit dankbaarheid vir my nuwe lewe IN Jesus Christus, Wandel ek nou die die paaie wat God vir my in Sy Woord uitwys…….. uit dankbaarheid doen ek goeie werke om Sy Naam te verheerlik, en nie meer om krediete op te bou sodat ek eendag hemel toe kan gaan nie……..

Sommige van julle mag dink maar dit is mos logies,……. maar ongelukkig is daar baie van ons “Christene” wat soos die Jode in die Ou Testament dink en glo dat hulle deur goeie dinge te doen, vir hulle ‘n plek in die Hemel kan koop / verseker…….. hulle gaan uit hulle pad en doen ekstra moeite om ander te versorg….. is buitengewoon vrygewig…….. maar hulle doen dit nog om die Hemel te “verdien”…….. hulle het nog nie by die Kruis uitgekom nie……. hulle is nog nie gewas in die Kosbare Bloed van die Lam nie……. hulle is nog nie waarlik Vrygekoop van die wêreld en sy begeerlikhede nie…….. en hulle troos hulleself daarmee dat God tog nie hulle goeie dade sal ignoreer nie!……….

Verkeerd!……..hoekom?…….. want dieselfde Bybel leer ons dat géén sonde die Hemel sal ingaan nie…… elke sonde, hoe gering ookal,…….moet by die Kruis belei en laat staan word…….. 1 Johannes 1:8……… 8 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. 9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.………solank iets nog my baas is…….. solank my lewe nog dikteer word deur MY behoeftes en begeertes……..bly ek steeds verlore…….. want waar kom hierdie begeertes vandaan?……. In Jakobus 4 lees ons……..1 Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? 2 Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. 3 Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. 4 Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God. 5 Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon? 6 Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. 7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. 8 Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! 9 Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid. 10 Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

Wanneer ons werklik die omvang van ons sonde besef…….. wanneer ons insien wat ons motivering en dryfvere is……… wanneer ons tot die besef kom dat ons sonder God se Genade en sonder om skoon gewas te wees in die Kosbare Bloed van Jesus, ons steeds reguit oppad hel toe is,…… ongeag ons “goeie werke”…….. dan kan ons nie anders as om die knie te buig voor die Koning van alle konings en die Geskenk van Verlossing wat Hy gratis vir ons aanbied, met albei hande aan te gryp nie!……… Na ons Vrymaking van die las van sonde, volg werke tot eer van God alleen, outomaties.

Here help ons om die inhoud van hierdie kosbare Waarheid ons eie te maak. Help ons om nie op ons eie verdienste te bou nie, maar met ons alles, U Genadegawe IN Jesus Christus aan te gryp en daarna ‘n lewe gevul met goeie werke, te leef tot U Eer

Psalm 25:4 – “HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie”

Dawid wat bekend was vir sy naby verhouding met God pleit hier in Psalm 25:4 …….. HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie 5 Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.…….. ons kan só maklik op ‘n plek in ons geestelike lewe beland waar ons dink: “Now I know it all”……… “ek het nou genoeg ondervinding en weet hoe God dink”……… en dit sal een van die grootste foute van ons lewens wees……..

Soos Dawid moet ek elke dag van voor af die Rykdom van God se Genade en Almag ontdek ……… ek beleef daagliks hoe Hy op die mees onverwagte en mees onwaarskynlike en onverklaarbare maniere werk,……. maar om dit te ervaar, moet ons oë, ons ore en verstand óóp en ontvanklik wees, anders gaan die wonderwerke ongesiens by ons verby of dinge gebeur sommer so “toevallig”………. 14 Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak. 15 My oë is altyddeur op die HERE, want Hy sal my voete uit die net uitlei.…….

Wanneer ons oë altyddeur gevestig is op Jesus……… in maklike en moeilike omstandighede ……… wanneer ons verwagting van Hom is en ons nie op ons eie kennis, ondervinding en vermoë steun nie,……. beland ons nie in die vangnette van die bose nie…….. beland ons nie in allerhande versoekings nie……. want ons luister na die sagte influistering van die Heilige Gees, en reageer betyds om ‘n ramp te verhoed………

Ek herinner my hier aan die een aand toe ek laat (na 22:00) van King Shaka lughawe oppad terug sending toe was………ek het ongeveer 130km/h in die vinnige baan gery en was net verby Ballito se ingang toe iets vir my sê: “Gaan links”…….. ek het nie eers gedink aan ‘n rede nie, maar was skaars in die linkerbaan toe ‘n voertuig aan die verkeerde kant van die snelweg, van voor af, daar waar ek nou net was, by my verbystorm…….. so vinnig, ek kon nie eers sien watter soort voertuig dit was nie……… het ek daardie influistering geïgnoreer en gebly waar ek was, het jy verseker nie vanoggend hierdie boodskap ontvang nie……..

Soms moet ons net blindelings volg, sonder om te dink…….. sonder om eers self dinge te probeer uitredeneer en die “logika” daarvan te probeer verstaan…….. daarom moet ek jou vanoggend weer vra: “Wie is God vir jou?”……….. is Hy waarlik jou Leidsman wat voor jou uitloop en selfs die mees rotsagtige plekke vir jou gelykmaak?……… leef jy oomblik vir oomblik soos Dawid in totale afhanklikheid van God,…….OF…….. met alle respek gesê………. Is Hy net ‘n “spaarwiel” wat jy soek en uithaal wanneer jou wiel(e) pap is?

Here dankie vir hierdie getuienis van Dawid. Dankie vir U Genade en U Begeleiding wat beskikbaar is vir ons almal. Help ons om U ten volle te vertrou en nie op ons eie insig te steun nie. Leer ons U Heilige Paaie en maak ons U Weë bekend. Dankie dat Jesus gekom het om die las vir ons sondes te dra en ons vry te koop uit die vangnette van die bose.

Psalm 51:5 – “Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang”

Wat het Dawid bedoel met hierdie vers in Psalm 51:5?…….. Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang……..

Psalm 51 het hy geskryf nadat hy met Bátseba in sonde geval het en haar man Uria laat vermoor het ……… in sy beleidenis in die voorafgaande verse erken hy sy natuurlike opstand teenoor God……..Psalm 51:1……. 1 Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. 2 Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. 3 Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. 4 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.………

Dawid erken sy natuur om sy eie belange eerste te stel, in plaas van om te doen wat God van hom verwag……… van Adam en Eva se dae af is daardie neiging (ek wil byna sê: daardie vloek) in elke mens wat gebore word…….. hy wil self soos God wees…….. hy wil sy eie wil en begeerte afforseer……..kyk maar na ‘n babatjie……. daardie lieftallige oulikste ou dingetjie verander baie vinnig in ’n “monstertjie” (ek sukkel om die regte woord te vind) as hy kos wil hê of sy doek vuil is……. dan moet die arme mamma en pappa alles waarmee hulle besig was net so laat en spring om die baba te bedien…….. en hoe groter daardie oulike klein mensie word, hoe meer word van daardie natuur vertoon……… hy skreeu tot hy sy sin kry……. die oulikste pragtigste dingetjie verander skielik in iets wat jy nie ken nie, nie gedink het bestaan nie!……….Is dit nie waar nie?……..

Dit is waarvan Dawid hier in vers 5 praat……… Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang……..ons natuurlike neiging is om onsself te laat geld……… ander moet by MY planne inpas………. ander moet toegee sodat MY wil kan geskied…….. want dit gaan oor MYSELF……..EK wil god wees in my lewe……. in Effésiërs 2:3 lees ons………onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander. …….. maar let op, daar word gepraat in die verlede tyd……… dit is nie meer so nie……… onder wie ons almal ook vroeër gewandel het ……. so dit kan / is veronderstel om te verander……..

Juis daarom is Romeine 12:2 vir my so kosbaar……..En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. …….ons moet van binne af nuutgemaak word…….. EK moet Christus se voorbeeld navolg…….. EK moet ander se voete was……… die Kruis wat ek elke dag moet opneem, is om MY begeertes en voorkeure ondergeskik te stel aan die Woord en Wil van God……Lukas 9:23…….As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. 24 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. 25 Wat baat dit ‘n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen?

In watter stryd is jy gewikkel?…….. wat is jou grootste dryfveer?………. soek jy erkenning van ander?……… probeer jy mense oortuig om te dink soos JY wil dink?…….. ek het altyd gesê: sodra ons onsself oortuig het iets wat ons begeer of wil doen, is reg,……..sal ons die wêreld probeer oortuig dit is reg,……. selfs teen ons beterwete in……….MAAR dit is waarvan ons moet Vrykom…….. dit is waarvan Romeine 12:2 praat…… my gemoed wat vernuwe moet word……. DIT is waarvoor Jesus gesterf het……… DIT is waarvoor Hy uit die dood opgestaan het……. om ons vry te maak van hierdie “SELF”……..mag God ons die Genade skenk om dit te kan insien.

Here daar is nog soveel wat ons oor hierdie onderwerp kan sê, maar dit is alleen U heilige Gees wat aan ons kan vertoon hoe ons voor U lyk. Hoe ons lyk wanneer ons gestroop is van alle pretensies en voorgee en nakend / deursigtig voor U Heiligheid staan. Skenk ons die Genade om in ons gemoed verander te word sodat ons kan beproef wat U Volmaakte Wil vir ons lewens is. Dankie dat Jesus dit kom moontlik maak het.

Psalm 119:133 – “Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.”

Verskoon asseblief. Ek probeer die clip nog klein genoeg kry om hier te kan plaas, maar dit gaan kortliks oor Bybels wat uitgedeel word en die verstommende reaksie van die ontvangers. Hoe kosbaar hulle die Bybels beskou

Begin deur na die aangehegde video-clip te kyk. Ek weet nie wat die oorsprong is nie, maar vermoed dit is in Noord Korea of in daardie omgewing geneem waar Bybels verban is. Hierdie mense het heel moontlik hulle lewens gewaag net om ‘n Bybel te kan besit. Soos wat ek by herhaling met trane daarna gekyk het, het die volgende vrae net by my opgekom.

  • Hoeveel Bybels staan op ons rakke?
  • Hoeveel Bybels lê dalk êrens en stof vergader?
  • Watter waarde heg ons aan ons Bybel? Om een te kan besit?
  • Hoe kosbaar is die Bybel vir ons?
  • Hoeveel tyd spandeer ons met die Woord van God?
  • Besef ons hoe bevoorreg ons nog is, ten spyte van alle omstandighede rondom ons, om God se Woord vrylik te mag besit en te mag lees?

As daar een sonde is waarvoor ons voor God sal moet rekenskap gee, is die gebrekkige tyd wat ons in Sy Heilige Woord spandeer!…….. ons sal moet ophou om sleg uitgesoekte deeltjies, waarvan ons hou, te lees …… Ons sal die Woord in sy totaliteit as die Heilige Woord van die Lewende God moet aanvaar…….

Vanoggend kan ek maar net ‘n paar verse uit Psalm 119 aanhaal. Elkeen behoord onderstreep en ingekleur te wees……..

9  Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.

11  Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie. …….(is dit nie juis waarom ons aanhou met sonde nie?……. omdat die inhoud van SY Woord nie in ons harte gebêre is nie?……… dalk omdat ons slegs sekere dele lees wat ons pas en die res ignoreer?)

16  Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.

17  Doen goed aan u kneg, sodat ek kan lewe; dan wil ek u woord bewaar.

25  My siel kleef aan die stof; maak my lewend na u woord.

28  My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord.

42  sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord.

43  En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek.

49  Gedenk die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het.

65  U het goed gedoen aan u kneg, HERE, na u woord.

67  Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord.

74  Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek.

81  My siel smag na u heil; op u woord wag ek.

89  Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele.

101  Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u woord kan bewaar.

105  Noen. U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.

107  Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na u woord!

114  U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek.

133  Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.

140  U woord is deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief.

147  Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek.

148  My oë is die nagwake voor om u woord te oordink.

158  Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie.

160  Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

161  Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord.

169  o HERE, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord.

172  My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid.

Here dankie dat U hierdie aangrypende video-clip vir ons gestuur het. Vergewe ons asseblief dat ons U Woord nie Sy regmatige plek in ons lewens toeken nie. Skenk ons die Genade om daagliks tyd te vind of tyd te maak om met U Woord besig te wees. En Here, sluit die verborge geheimenisse vir ons oop sodat ons U beter mag leer ken en U EER vir die Soewereine God wat U is.

Psalm 32:1 – “Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.

So ‘n jaar gelede het ons stilgestaan by Psalm 32, maar vanoggend neem die Here my weer opnuut terug na hierdie wonderlike Psalm van Dawid……..Welgeluksalig / Geseënd / Gelukkig is die een wie se sonde vergewe is…….die een wat in die Lig van God lewe…….die een in wie se hart geen bedrog of voorgee is nie!…… 1bWelgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.  2Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.…….Dawid onthou die tye toe hy sy sonde probeer wegsteek het……hoe dit sy hele wese geaffekteer het……..3Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;  4want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed……Ai, hoe maklik bevind ons ons in daardie donker plek waar ons worstel oor sonde wat ons probeer wegsteek nie…… dit kan ‘n mens letterlik verteer .…Ek dink hier aan Spreuke 28:13……13  Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind….…

Een van die probleme van ons tyd is natuurlik dat sonde nie meer sonde is nie………”everything goes”…… selfs mense wat hulleself opregte Christene noem, neem deel aan sonde wat God haat…….en hulle regverdig hulleself met die gedagtes: “Ag almal doen dit tog”……. “Die hele Bybel is nie meer nou, vandag van toepassing nie. Dit was vir die mense van daardie tyd”……mense se logika en verstand word ‘n instrument in die hande van satan……hulle glo sy leuens eerder as die Woord!………en hoe langer hulle daarmee aanhou, hoe minder is sonde sonde en meer word dit aanvaarbaar ……. en in die proses, ongelukkig, onttrek God Hom stelselmatig van daardie persoon……en die persoon word stelselmatig meer en meer blind vir sonde ……. God onttrek Sy Beskerming van daardie persoon en die een na die ander “ongeluk” begin die persoon tref……. van buite lyk alles nog dieselfde, maar binne woed daardie stryd dat soos Dawid dit stel, ‘n mens se gebeente teer uit en jou binneste brul van die innerlike pyn…….solank mens die sonde nie wil erken en na die Kruis toe neem vir Vergifnis en Verlossing nie……

Maar hoe wonderlik is dit nie as God se Heilige Gees ons wys waar ons fouteer nie!……. dat wanneer ons God vra om ons oortredinge vir ons te wys, ons oë en ore skielik oopgaan vir die Bybelse Waarhede nie!…….Psalm 32:5…… 5My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe.……. ongelooflik is die geleentheid wat God vir ons skep……. Dat Hy Hom laat vind deur die wat Hom soek……..6Daarom sal elke vrome U aanbid in ‘n tyd as U te vinde is…….hierdie voorreg kan ons nie verdien nie……maar ons moet besef dat God nie vir altyd te vinde sal wees nie…… daar gaan ‘n tyd kom wanneer baie Hom gaan soek en nie gaan vind nie……in Hebreërs 12:16 lees ons……..Laat niemand ‘n hoereerder wees nie, of ‘n onheilige soos Esau, wat vir één spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het. 17  Want julle weet dat hy, toe hy ook later die seën wou beërwe, verwerp is, want hy het geen geleentheid vir berou gevind nie, al het hy dit met trane vurig begeer……Esau het sy tyd verspeel …….hy het  sy gegunde tyd en geleenthede nie gebruik nie……..maar in Psalm 32 sê God…….8Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees. ……daarom sê Dawid……..7U is ‘n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding……..en hy vermaan…….terwyl die Here naby is…….9Wees nie soos ‘n perd, soos ‘n muilesel wat geen verstand het nie, wat ‘n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie.  10Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die HERE vertrou — met goedertierenheid sal Hy hom omring.…….dink net wat dit beteken!……..die persoon wie op die Here Vertrou…….wie in Sy Reddende Genade Glo……. Word omring deur God se Goedheid!……… 11Wees bly in die HERE en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!

Here nooit in der ewigheid sal ons hierdie Genade kan verdien nie. Dankie dat U dit kom moontlik maak het Deur en In Jesus Christus. Dankie dat U sonde wat ons belei, vergewe en ons was in die Kosbare Bloed van Die Lam. Dankie vir die absolute Vrede wat ons kan ervaar wanneer al ons sonde vergewe is en ons nie meer iets hoef te probeer wegsteek nie. Daarom wil ons net Juig en Jubbel en U alle Eer gee!

Mattheus 8:3 – “Ek wil; word gereinig! “

‘n Tydjie gelede het die Here vir my hierdie enkele verse aan die begin van Mattheus gegee, en ek het net weer besef hoe maklik mens bo-oor die groter wonderwerk kan lees. Dit het direk na die bergpredikasie plaasgevind……. 1  En toe Hy van die berg afkom, het groot menigtes Hom gevolg…….en die rede hiervoor lees ons in die laaste verse van hoofstuk 7…….28  En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; 29  want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie. …….die kern van die bergpredikasie was dat Jesus die mense geleer het sonde se oorsprong begin in die mens se hart, en word nie noodwendig net met ‘n daad gepleeg nie. Dit het ‘n totale nuwe persepsie by die mense geskep. Daarom wou hulle Hom nie laat gaan nie, en het Hom aanhou volg, maar daaroor gesels ons op ‘n ander tyd.

Hier in hoofstuk 8 het ons te doen met ‘n melaatse man…….2  en daar het ‘n melaatse man gekom en voor Hom neergeval…….And behold, there came to him a leper and worshipped him,…….

Voor ons aangaan, eers ‘n paar gedagtes oor melaatsheid…….. in daardie tyd is melaatsheid beskou as ‘n direkte straf van God…….. ons lees byvoorbeeld dat Mirjam met melaatsheid geslaan is toe sy in opstand gekom het teen Moses…….Numeri 12:9……9  En die toorn van die HERE het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan. 10  En toe die wolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en—sy was melaats! …….Verder lees ons in 2 Konings 5 die geskiedenis van Naäman en Gehási……..25  Toe hy dan inkom en by sy heer staan, sê Elísa vir hom: Vanwaar, Gehási? En hy antwoord: U dienaar het nêrens heengegaan nie.  26  Maar hy sê vir hom: Het my hart nie saamgegaan toe ‘n man van sy wa af omgedraai het jou tegemoet nie? Is dit tyd om die silwer te neem en om klere te neem en olyfbome en wingerde en kleinvee en beeste en slawe en slavinne?  27  Daarom sal die melaatsheid van Naäman jou en jou nageslag vir ewig aanklewe. En hy het van hom uitgegaan melaats, soos sneeu. ……..melaatsheid is as ‘n Goddelike vloek beskou………daarom is melaatses lewenslank verban uit familiekringe en die gemeenskap ……… melaatses kon nooi naby ander mense kom nie want hulle het geweet dit is aansteeklik…….. daarom het die melaatses saam in grotte gebly ……..saam gewoond geraak aan die stank van verrotting,……. terwyl ander mense hulle op ‘n afstand kon ruik…… en niemand behalwe ander melaatses met hulle wou assosieer nie……..dink mooi oor die dieper betekenis hiervan……..

Met dit in gedagte moet ons verstaan wat dit hierdie melaatse gekos het om na Jesus te gaan……..hy moes ‘n ernstige wilsbesluit neem om op te staan en het die risiko geloop om verjaag, of self gestenig te word,…….. maar hy het te midde van die skare wat Jesus gevolg het, voor Hom neergeval en Hom aanbid………2  en daar het ‘n melaatse man gekom en voor Hom neergeval en gesê: Here, as U wil, kan U my reinig.……. Let op sy woorde …….. hy stel geen eise nie…….. net…….. Here, as U wil, kan U my reinig.…….ons ken nie sy agtergrond nie……..ons weet nie waarom hy melaats was nie…….. maar hy het geweet daar is net een manier waarop hy ontslae kan raak van sy stadige doodsvonnis……..daarom val hy voor Jesus neer en aanbid Hom……..hy gebruik die woord “reinig” (“clean”) en nie bv. “maak my gesond” nie, want hy het besef die oorsprong is in sonde en hy moet daarvan gereinig / skoon gewas word…….. en Jesus doen die ontoelaatbare…….Hy raak hom aan……..3  Daarop steek Jesus die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil; word gereinig! En dadelik is hy van sy melaatsheid gereinig.…….

Ek hoop jy begryp wat hier gebeur……..Jesus het die mag om ook ons van ons “melaatsheid” en sonde te reinig…….Hy kan ons vry maak van ons verslawing en die dinge wat ons in daardie stinkende put van melaatsheid hou……..Hy wag net op ons om die eerste stap te neem……. Om te erken HY is die die Enigste Weg waarop ons vry kan kom……en soos die verlore seun op te staan ……..HY wag net dat ons voor Hom neerval en Hom aanbid, sonder om eise te stel……..dan antwoord HY…….. Ek wil; word gereinig!………hierdie uitnodiging is ook vir jou en my vanoggend ……… Nêrens het ek nog gelees dat Jesus na mense toe gegaan het om hulle gesond te maak nie……. nee, hulle het na Hom gekom ……..Mattheus 9:28………28  En nadat Hy in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. En Jesus sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle antwoord Hom: Ja, Here.  29  Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.

Here kom ons ongeloof tot hulp en skenk ons die Genade om met verwagting na U te kom en U te aanbid as die Enigste Weg waarop ons Vrygemaak kan word van die stank van ons sonde.

Hosea 4:6 – “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis”

Aan die begin van hierdie jaar is dit nodig dat ek jou vra: “Wie aanbid jy?”, “Watter god aanbid jy?”…….. miskien klink die vraag onvanpas, of arrogant, of onbillik, of dalk onnodig, maar voordat ons nie hierdie vraag vir onsself eerlik beantwoord het nie, dien dit geen doel dat ons in hierdie dagstukkies deel nie…….

In ons tyd word alle gelowe as gelykwaardig beskou……. ‘n tyd gelede is daar op een van Opera Winfrey se programme so ‘n stelling gemaak: …….”Eventually all beliefs come together and we all honour the same god”………. Muslem…….. Mohammedaan…….. Hindu……… Jood…….. Katoliek…….voorvaderaanbidding…….. Christene……. en nog baie meer…….. noem dit……. almal aanbid dieselfde god……… stem jy saam?……… meeste van hierdie gelowe gebruik uittreksels of gedeeltes uit die Bybel om wat hulle glo geloofwaardigheid te gee,…….. maar is dit die waarheid?………as jy nóú mooi daaroor gaan dink, is my vraag nie meer so onbillik nie……. baie gelowe gebruik stukkies  of beginsels uit die Bybel wat hulle pas, om hulle geloofsoortuigings te staaf, te komplimenteer……. En ongelukkig maak ook baie Christene vandag so……… sekere dele uit die Bybel,…… veral waar daar gepraat word oor sonde, God se oordeel en Sy verwagting van ons om ‘n Geheiligde lewe te lei, word afgemaak as “nie meer van toepassing nie”……..”God is mos ‘n God van liefde” ………”Hy wil mos hê ons moet gelukkig wees”………. en daardie “verouderde” gedeeltes word oorgeslaan want dit pas hulle nie!…….. is die Christene dan nie net so vêr van die Waarheid af as die Muslem of watter ander geloof ookal nie?……… is baie Christene nie ook besig om ‘n selfgeskepte god te aanbid, …..een wat hulle kan hanteer, …..een wat nie te veel van hulle verwag nie en ook nie veel anders lyk as die Ware God nie? …….

Die rede vir my vraag en hoekom ek dit so goed weet, is, ek was self daar……..vir jare het ek myself Christen genoem……. kerk bygewoon…… deelgeneem aan kerk-aktiwiteite,……… maar eintlik het ek ‘n selfgeskepte afskynsel van die Ware God aanbid……… iets wat ek kon begryp…… iets wat ek kon manipuleer om my voorkeure te pas……. maar dit was verseker nie die Ware God Self, wat Homself in elke vers en hoofstuk en Bybelboek tentoonstel nie………ek het elke “goeie” vers geken waar God vrede en voorspoed beloof,……. maar rondom Sy verwagting vir my lewe gelees…….. verby my verantwoordelikhede gelees.

In Hosea 4:6 lees ons: My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis (van Wie God werklik is en Sy verwagtinge) verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet. ……..wat vind ons in die Wet van God?…….. ons hoor dit seker elke Sondag……..Exodus 20:3……. 3  Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. 4  Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. 5  Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;………die ander gode is:…….. my EIE EK……. MY sukses……. My status……. My posisie…….. My geld…….. My besittings…….. My gemak…… My TV programme……… en ek kan aangaan…….. hierdie is alles dinge wat God se tyd in ons lewens opslurp……. Daarom kry ons nie meer tyd om die Woord te bestudeer nie…… ons vind nie meer die tyd om voor die Almagtige Skepper van hemel en aarde stil te word nie………daarom KEN ons die ware God nie meer nie……. want ons aanbid ‘n afgod wat net daar is om in ons behoeftes pas,…….. want alles draai mos vandag rondom “selfies”, en “human rights”……. Terwyl God se Reg op ons lewens vergete is.

Waar staan jy?…….. aanbid jy die Ware Waaragtige Drieënige God?,…….. of ‘n gemakliker afskynsel van Hom?…….. dan moet jy eerder van Hom vergeet en jou lewe hier en nou geniet so goed jy kan, want daarna wag ‘n ewige oordeel……….

Ek sluit af met hierdie paar verse uit Jesaja 3:…….. 8  Want Jerusalem het gestruikel, en Juda het geval; want hulle tong en hulle dade is teen die HERE om sy oë, vol heerlikheid, te trotseer.  9  Die uitdrukking van hulle gesig getuig teen hulle, en hul sonde maak hulle bekend, soos Sodom, sonder om iets weg te steek. (vandag is mense eintlik trots op hulle sonde. Dit word as “normal” bestempel) Wee oor hulle siel, want hulle doen hulself kwaad aan!  10  Sê van die regverdige dat dit met hom goed sal gaan; want die vrug van hul handelinge sal hulle eet.  11  Wee die goddelose! Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word.  12  Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot ‘n dwaalweg gemaak. (vergeet vir ‘n oomblik ons regering en kyk binne jou eie huis)  13  Die HERE staan daar om ‘n regstryd te voer: Hy tree op om die volke te vonnis.  14  Die HERE gaan na die gereg met die oudstes en die vorste van sy volk. Ja, júlle het die wingerd afgewei; wat aan die arm man ontroof is, is in julle huise.  15  Wat is dit met julle dat julle my volk vertrap en die ellendiges mishandel? spreek die Here HERE van die leërskare.  16  Verder het die HERE gesê: Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel,  17  daarom sal die HERE die skedel van die dogters van Sion skurf maak, en die HERE sal hulle skaamte ontbloot.  18  In dié dag sal die HERE wegneem die sieraad van die voetringe en die sonnetjies en die maantjies;  19  die oorversiersels en die armbande en die sluiers;  20  die hoofversiersels en die voetkettinkies en die pronkgordels en die reukflessies en die towermiddels;  21  die vingerringe en die neusringe;  22  die feesklere en die manteltjies en die tjalies en die handsakkies;  23  die handspieëltjies en die hemde en die tulbande en die wye mantels.  24  Dan sal daar in plaas van balsemgeur mufheid wees, en in plaas van ‘n gordel ‘n tou, en in plaas van gevlegte hare kaalheid, en in plaas van ‘n pronkgewaad ‘n roukleed, brandmerk in plaas van skoonheid.  25  Jou manne, o Sion, sal deur die swaard val en jou helde in die oorlog.  26  En sy poorte sal klaag en treur, en hy sal uitgeskud op die aarde sit.

Here gee ons uit Genade geopende oë en ore en ontvanklike harte sodat ons vanoggend kan hoor wat U vir elkeen van ons wil sê. Help ons om eerlik teenoor U en met onsself te wees. U is só vêr bo ons gedagtes en verstand. Dankie dat U ten spyte van U Almag, ons nie verwerp het nie maar IN Jesus Vrymaking aanbied.

Nuwejaars voornemes

Nuwejaars voornemes:

Gewoonlik begin ons elke jaar met baie ernstige voornemes:

  • Ek gaan meer geld spaar ….
  • Ek gaan minder onnodige dinge koop…….
  • Ek gaan gewig verloor……
  • Ek gaan minder lekker goed eet……
  • Ek gaan by ‘n gym aansluit…….
  • Ek gaan harder oefen…….

Hoe lank hou die voornemes gewoonlik?….. Teen hierdie tyd is 20% reeds vergete……teen 20 Januarie 50% en einde Januarie, 90%….. statisties hou slegs 2% tot die einde Februarie….. dan het die meeste van ons weer terug verval in ons ou patroon…… hoekom?….. Let op dat hierdie voornemes uitsluitlik oor myself en “EK” gaan…. Dat EK beter kan lyk….. Dat EK meer aanvaarbaar kan wees….. Dat EK dalk beter sal inpas.

Wat sê die Bybel?…. hierdie kosbare stukkie in  Miga 6 het my geraak….. dinge met Ewigheidswaarde……

6Waarmee sal ek die HERE tegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers?  7Sal die HERE ‘n welbehae hê in duisende ramme en tien duisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?  8Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?……

6“With what shall I come before the LORD, and bow myself before God on high? Shall I come before him with burnt offerings, with calves a year old?  7Will the LORD be pleased with thousands of rams, with ten thousands of rivers of oil? Shall I give my firstborn for my transgression, the fruit of my body for the sin of my soul?”  8He has told you, O man, what is good; and what does the LORD require of you but to do justice, and to love kindness, and to walk humbly with your God?

God vra nie brandoffers nie….. HY vra nie ons “skate” nie, want dit behoort in elk geval reeds aan Hom….. Hy vra van ons om getrou te bly by / in die goeie wat ons van Hom geleer het……om Geregtigheid na te jaag….. om ander in Liefde te dien…… om ontslae te raak van die “EK” en gepaardgaande hoogmoed in jou lewe……. Om God in Eenvoud en Ootmoet / Nederigheid te dien…… geen groot ingewikkelde formules nie…… maar daar is ‘n verskuilde geheim…… moenie die wêreld se maatstawwe volg nie……

11Sal Ek rein kan wees by ‘n valse weegskaal en by ‘n sak vol bedrieglike gewigte?  12Want die rykes in die stad is vol geweld, en die inwoners daarvan spreek leuentaal, en hulle tong is bedrog in hulle mond.  13So slaan Ek jou dan ook met ‘n smartlike wond, met verwoesting weens jou sondes. ……14Jy sal eet, maar nie versadig word nie, sodat jou honger in jou binneste bly; en jy sal wegbring sonder om iets te red; en wat jy red, sal Ek aan die swaard oorgee.  15Jy sal saai, maar nie maai nie; jy sal olywe uittrap, maar jou nie met olie salf nie, en mos maak, maar geen wyn drink nie.  16Want die insettinge van Omri word onderhou en al die werke van die huis van Agab; en julle wandel ooreenkomstig hulle planne, sodat Ek jou tot ‘n woesteny sou maak en die inwoners daarvan ‘n bespotting: en die smaad van my volk sal julle dra.  ……

Vir so lank as wat die wêreld (Omri en Agab) my maatstaf is……… ontvang ek nie die goeie wat God vir my bedoel nie…..maar eerder God se oordeel…… wat is dan die geheim?…..menslik gesproke en op ons eie stoom, is dit net onmoontlik….. in eie krag gaan ons ook soos bogenoemde statistiek presteer….. einde Februarie hou nog net 2% aan….. om voluit, jaar deur, ‘n leeftyd lank, tot eer van God te leef…… word net moontlik met my hand in die hand van Jesus….. wanneer ek besef dat “EK” NIKS is nie…… en ek God in Eenvoud en Nederigheid dien….. met ‘n onbesmette en rein gewete…… geen verskuilde agendas nie……net in opregte Nederigheid voor Die God wat elke gedagte en motief ken.   Mag dit julle nuwejaars voorneme vir 2014 wees……

to walk humbly with your God

Here leer ons in hierdie jaar meer en meer hoe om ons “eie ek” te kruisig en in absolute Nederigheid voor U te Wandel