Deuteronium 30:15 “Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk.”

Moses is aan die einde van sy lewe en hy vernuwe God se ooreenkoms met Israel in die laaste paar hoofstukke van Deuteronium…… Onthou, hulle was reeds die uitverkore volk van God……. Hy het hulle reeds uit die slawerny van Egipte uitgelei……. hulle het reeds God se wonderwerke in die woestyn beleef……. en staan nou gereed om die beloofde land te betrek……… en Moses vernuwe God se Verbond met hulle……… mens sou verwag dat hulle na alles wat hulle beleef het, outomaties net altyd vir God sou kies,……. maar Moses stel hulle voor ‘n keuse…….. In Deuteronium 30:10 lees ons……. 15 Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk. …….. hulle moet kies…….. 16 Wat ek jou vandag beveel, is om die HERE jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die HERE jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.…….. of die alternatief ……. 17 Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien, 18 dan verkondig ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; julle sal die dae nie verleng in die land waarheen jy oor die Jordaan trek om dit in besit te gaan neem nie.

Hierdie keuse bestaan vandag nog…….. elkeen van ons moet die keuse tussen Lewe en Geluk, teenoor dood en ongeluk, daagliks maak……. God se Plan met ons lewens is die goeie,……. maar hoe gereeld bederf en verloor / verbeur ons nie Sy Beloftes deur die verkeerde keuses wat ons maak nie?………. dalk sê jy: “Dit is te moeilik”?……. Deut 30:10……10 as jy na die stem van die HERE jou God luister om sy gebooie en sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot die HERE jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel. 11 Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. ………..14 Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen. …….. God verwag nie iets onmoontliks nie……. Hy vra eenvoudig Gehoorsaamheid……. om te luister na Sy Stem binne ons …….. ons moet kies……15 Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk.

Miskien bevind jy jou in ‘n storm?…….. miskien alleen en verworpe op ‘n vreemde plek? ……… en jy weet nie hoe om daaruit te kom nie ……… Moses gee die eenvoudige antwoord …….. 1 En as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem onder al die nasies waarheen die HERE jou God jou verdryf het, 2 en jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel, 3 dan sal die HERE jou God jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen die HERE jou God jou verstrooi het. 4 Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die HERE jou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal.…….. daar bly vir ons net Een uitkoms …….. daaglikse bekering / wegdraai van ons eie begeertes en afgode, terug na God en Sy Beloftes…….. in Nehemia 1:8 lees ons…….. 8 Dink tog aan die woord wat U aan Moses, u kneg, beveel het, naamlik: As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi; 9 maar as julle jul tot My bekeer en my gebooie onderhou en dit doen—al was julle verjaagdes aan die einde van die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om my Naam daar te laat woon. ………ons lees ook in Handelinge 3:19…….. Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,

Miskien was jy deel van God se volk …….. maar met verloop van tyd……. deur verkeerde keuses ……… is jy vervreem van Sy Genade ……… daar is nou nog tyd om dit reg te stel! ……… “kom tot inkeer en bekeer jou, sodat jou sonde uitgewis kan word”

Here U Genade was deur al die eeue onverstaanbaar. Hoe U ten spyte van Isreal se verkeerde keuses, aanhoudend gekom het met ‘n uitnodiging om weg te draai van die verkeerde, terug na U as Soewereine God. Skenk ons die Genade om hierdie uitnodiging te te versmaai nie. Help ons om die regte keuses te maak. Dankie vir Jesus!

Leave a Reply