Mattheus 8:3 – “Ek wil; word gereinig! “

‘n Tydjie gelede het die Here vir my hierdie enkele verse aan die begin van Mattheus gegee, en ek het net weer besef hoe maklik mens bo-oor die groter wonderwerk kan lees. Dit het direk na die bergpredikasie plaasgevind……. 1  En toe Hy van die berg afkom, het groot menigtes Hom gevolg…….en die rede hiervoor lees ons in die laaste verse van hoofstuk 7…….28  En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; 29  want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie. …….die kern van die bergpredikasie was dat Jesus die mense geleer het sonde se oorsprong begin in die mens se hart, en word nie noodwendig net met ‘n daad gepleeg nie. Dit het ‘n totale nuwe persepsie by die mense geskep. Daarom wou hulle Hom nie laat gaan nie, en het Hom aanhou volg, maar daaroor gesels ons op ‘n ander tyd.

Hier in hoofstuk 8 het ons te doen met ‘n melaatse man…….2  en daar het ‘n melaatse man gekom en voor Hom neergeval…….And behold, there came to him a leper and worshipped him,…….

Voor ons aangaan, eers ‘n paar gedagtes oor melaatsheid…….. in daardie tyd is melaatsheid beskou as ‘n direkte straf van God…….. ons lees byvoorbeeld dat Mirjam met melaatsheid geslaan is toe sy in opstand gekom het teen Moses…….Numeri 12:9……9  En die toorn van die HERE het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan. 10  En toe die wolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en—sy was melaats! …….Verder lees ons in 2 Konings 5 die geskiedenis van Naäman en Gehási……..25  Toe hy dan inkom en by sy heer staan, sê Elísa vir hom: Vanwaar, Gehási? En hy antwoord: U dienaar het nêrens heengegaan nie.  26  Maar hy sê vir hom: Het my hart nie saamgegaan toe ‘n man van sy wa af omgedraai het jou tegemoet nie? Is dit tyd om die silwer te neem en om klere te neem en olyfbome en wingerde en kleinvee en beeste en slawe en slavinne?  27  Daarom sal die melaatsheid van Naäman jou en jou nageslag vir ewig aanklewe. En hy het van hom uitgegaan melaats, soos sneeu. ……..melaatsheid is as ‘n Goddelike vloek beskou………daarom is melaatses lewenslank verban uit familiekringe en die gemeenskap ……… melaatses kon nooi naby ander mense kom nie want hulle het geweet dit is aansteeklik…….. daarom het die melaatses saam in grotte gebly ……..saam gewoond geraak aan die stank van verrotting,……. terwyl ander mense hulle op ‘n afstand kon ruik…… en niemand behalwe ander melaatses met hulle wou assosieer nie……..dink mooi oor die dieper betekenis hiervan……..

Met dit in gedagte moet ons verstaan wat dit hierdie melaatse gekos het om na Jesus te gaan……..hy moes ‘n ernstige wilsbesluit neem om op te staan en het die risiko geloop om verjaag, of self gestenig te word,…….. maar hy het te midde van die skare wat Jesus gevolg het, voor Hom neergeval en Hom aanbid………2  en daar het ‘n melaatse man gekom en voor Hom neergeval en gesê: Here, as U wil, kan U my reinig.……. Let op sy woorde …….. hy stel geen eise nie…….. net…….. Here, as U wil, kan U my reinig.…….ons ken nie sy agtergrond nie……..ons weet nie waarom hy melaats was nie…….. maar hy het geweet daar is net een manier waarop hy ontslae kan raak van sy stadige doodsvonnis……..daarom val hy voor Jesus neer en aanbid Hom……..hy gebruik die woord “reinig” (“clean”) en nie bv. “maak my gesond” nie, want hy het besef die oorsprong is in sonde en hy moet daarvan gereinig / skoon gewas word…….. en Jesus doen die ontoelaatbare…….Hy raak hom aan……..3  Daarop steek Jesus die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil; word gereinig! En dadelik is hy van sy melaatsheid gereinig.…….

Ek hoop jy begryp wat hier gebeur……..Jesus het die mag om ook ons van ons “melaatsheid” en sonde te reinig…….Hy kan ons vry maak van ons verslawing en die dinge wat ons in daardie stinkende put van melaatsheid hou……..Hy wag net op ons om die eerste stap te neem……. Om te erken HY is die die Enigste Weg waarop ons vry kan kom……en soos die verlore seun op te staan ……..HY wag net dat ons voor Hom neerval en Hom aanbid, sonder om eise te stel……..dan antwoord HY…….. Ek wil; word gereinig!………hierdie uitnodiging is ook vir jou en my vanoggend ……… Nêrens het ek nog gelees dat Jesus na mense toe gegaan het om hulle gesond te maak nie……. nee, hulle het na Hom gekom ……..Mattheus 9:28………28  En nadat Hy in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. En Jesus sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle antwoord Hom: Ja, Here.  29  Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.

Here kom ons ongeloof tot hulp en skenk ons die Genade om met verwagting na U te kom en U te aanbid as die Enigste Weg waarop ons Vrygemaak kan word van die stank van ons sonde.

Leave a Reply