Effésiërs 2:8-9 “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie”

Een van die gewilde moderne redenasies om die outoriteit van God se Woord te bevraagteken, of selfs aan te val, is dat die Bybel homself weerspreek……… Verse wat byvoorbeeld gebruik word is:…….. Mattheus 5:20 waar Jesus in die bergpredikasie sê:…….20 Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. …. teenoor Effésiërs 2:8-9……..8  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9  nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.………Mattheus 5 sê werke, werke, geregtigheid…….selfs meer as die Fariseërs…….. waarsonder niemand God se Koninkryk sal ingaan nie,…….. teenoor Effésiërs 2……. Genade, Geloof, geen werke nie……… hoe moet ons dit verstaan?………weerspreek die gedeeltes mekaar regtig soos dit op die oog af lyk?………

Wanneer ons as mens teksverse in isolasie en uit konteks neem, beland ons maklik op so ‘n dwaalweg, …….. want net in die opvolgende verse in Effésiërs 2………10  Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel……..13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër vêr was, naby gekom deur die bloed van Christus.……… werke behoort die outomatiese uitvloeisel / resultaat te wees wanneer ons skoongewas is van ons sondelas……… dit kom vanself……. uit dankbaarheid vir my nuwe lewe IN Jesus Christus, Wandel ek nou die die paaie wat God vir my in Sy Woord uitwys…….. uit dankbaarheid doen ek goeie werke om Sy Naam te verheerlik, en nie meer om krediete op te bou sodat ek eendag hemel toe kan gaan nie……..

Sommige van julle mag dink maar dit is mos logies,……. maar ongelukkig is daar baie van ons “Christene” wat soos die Jode in die Ou Testament dink en glo dat hulle deur goeie dinge te doen, vir hulle ‘n plek in die Hemel kan koop / verseker…….. hulle gaan uit hulle pad en doen ekstra moeite om ander te versorg….. is buitengewoon vrygewig…….. maar hulle doen dit nog om die Hemel te “verdien”…….. hulle het nog nie by die Kruis uitgekom nie……. hulle is nog nie gewas in die Kosbare Bloed van die Lam nie……. hulle is nog nie waarlik Vrygekoop van die wêreld en sy begeerlikhede nie…….. en hulle troos hulleself daarmee dat God tog nie hulle goeie dade sal ignoreer nie!……….

Verkeerd!……..hoekom?…….. want dieselfde Bybel leer ons dat géén sonde die Hemel sal ingaan nie…… elke sonde, hoe gering ookal,…….moet by die Kruis belei en laat staan word…….. 1 Johannes 1:8……… 8 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. 9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.………solank iets nog my baas is…….. solank my lewe nog dikteer word deur MY behoeftes en begeertes……..bly ek steeds verlore…….. want waar kom hierdie begeertes vandaan?……. In Jakobus 4 lees ons……..1 Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? 2 Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. 3 Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. 4 Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God. 5 Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon? 6 Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. 7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. 8 Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! 9 Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid. 10 Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

Wanneer ons werklik die omvang van ons sonde besef…….. wanneer ons insien wat ons motivering en dryfvere is……… wanneer ons tot die besef kom dat ons sonder God se Genade en sonder om skoon gewas te wees in die Kosbare Bloed van Jesus, ons steeds reguit oppad hel toe is,…… ongeag ons “goeie werke”…….. dan kan ons nie anders as om die knie te buig voor die Koning van alle konings en die Geskenk van Verlossing wat Hy gratis vir ons aanbied, met albei hande aan te gryp nie!……… Na ons Vrymaking van die las van sonde, volg werke tot eer van God alleen, outomaties.

Here help ons om die inhoud van hierdie kosbare Waarheid ons eie te maak. Help ons om nie op ons eie verdienste te bou nie, maar met ons alles, U Genadegawe IN Jesus Christus aan te gryp en daarna ‘n lewe gevul met goeie werke, te leef tot U Eer

Leave a Reply