Hebreëres 3:12 Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.

Ons weet almal dat Hebreërs vir die Jode geskryf is, en die hele boek wentel rondom realiteit om aan hulle te bewys dat Jesus die beloofde Messias is. Die eerste paar hoofstukke word vergelykings getrek tussen engele as boodskappers van God en Jesus wat verhef is bo alles en almal, as die Seun van God. Israel het geweet om Moses te vereer en hoe belangrik hy was as instrument in God se hande tydens die uittog uit Egipte.

In hoofstuk 3 lees ons: 1 Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus, 2 wat getrou was aan Hom wat Hom aangestel het, net soos Moses ook in sy hele huis. 3 Want Hy is meer heerlikheid waardig geag as Moses, namate hy wat die huis gebou het, meer eer het as die huis; 4 want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God. 5 En Moses was wel getrou in sy hele huis as ‘n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word, 6 maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou. ……..hierdie laaste paar woorde bevestig net weer die boodskap wat dwarsdeur die Bybel gestel word……. ‘n mens kan jou geloof verloor as jy nie aktief besig is en aanhou om vas te hou aan Jesus as die Bron van Lewe nie …… in vers 14 lees ons……. 14 Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou;……..

Dan trek die volgende verse ‘n vergelyking terug na Numeri 13 (lees die geskiedenis gerus self), toe die Israeliete, ten spyte van al die wonderwerke wat hulle reeds beleef het, nie wou glo dat God in staat was en hulle sou help om die Kanaanitiese reuse te oorwin nie…… in Numeri 14:11 lees ons…….  Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het? …….. Oppas!…….. ons kan maklik na daardie geskiedenis verwys en sê: “Hoe dom was Israel nie!” ……… en intussen is ons net so besig om God se Almag te verag ……. Ons weier om God se beloftes te glo, ten spyte van omstandighede wat getuig hoe HY ons daagliks versorg ……. ons wil nie glo dat Hy ons kan vrymaak van die reuse in ons eie lewens nie……. en deur daardie ongeloof, verag ons eintlik vir God…….

Terug by Hebreêrs 3……… 7 Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, 8 verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie, 9 waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het. 10 Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie, 11 sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. ……. Is ons nie almal op soek na daardie RUS en VREDE wat ons net by God kan vind nie?…….. Hier sê HY dat net die wat HOM vertrou, in daardie RUS sal ingaan……. Wat maak ons ongelowig?………12  Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. 13 Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. …….. sonde wat ons aanhou doen…….. sonde waarmee ons nie wil ophou nie……… sonde wat ons aanhou vertroetel…….. dit is wat ons verhard…….. dit is wat ons van binne dood wurg, totdat daar geen Lewe in ons meer oor is nie…….. tot my skande moet ek weer erken, ek was daar…….. gevoelloos……. emosieloos…….. sonder empatie vir enige iemand…….. my lewe het net rondom myself gedraai……. en glo my, dis ‘n plek waar niemand wil wees nie……. geen Vrede nie…….. sonder God ……. alleen……. jy wil nie daar wees nie…….. deur Genade alleen het ek vrygekom daarvan toe ek uiteidelik in gehoorsaamheid God se opdrag, wat ek aanvanklik geweier het om te doen, gaan uitvoer het…….. hoe dom is ons self nie? …….. ons bring soveel leed oor onsself………net omdat ons Sy Beloftes nie wil glo nie…….. terwyl God reeds die antwoorde en oorwinning het……. ongehoorsaamheid bring verwydering tussen ons en God…….. ongeloof bring verwydering tussen ons en God

Ek het nog so baie op my hart oor hierdie kosbare gedeeltes, maar wil afsluit met Hebreërs 2………1 Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie. 2 Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het, 3 hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, 4 terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?

Here ons kan so maklik in dieselfde gat as die Israeliete trap deur nie U Beloftes ons eie te maak en daarvolgens te lewe nie. Dankie vir die Genade en Vrede en Rus wat ons IN Jesus Christus as Saligmaker kan ervaar.

 

Leave a Reply