Category Archives: Uncategorized

Exidus 20:20 – “Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie “

Ek het die afgelope tyd weer hierdie welbekende Exodus 20 gelees waar God Sy Wet vir die Israeliete gee. In baie kerke word dit steeds elke Sondag tydens die erediens gelees, maar ek wonder of ons nog enigsins dink en luister wanneer dit gebeur? Ek wil egter nie vanoggend by die Wet stilstaan nie, maar by die volk se reaksie toe God direk met hulle praat ….. 18  En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ‘n afstand bly staan. 19  En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons.  20  Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie.  21  So het die volk dan op ‘n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was.

Toe God net so ‘n klein deeltjie van Homself vertoon met donderslae en blitse en die geluid van ‘n basuin, en die berg rook, was dit té veel vir die volk…….. Hulle het gebewe van vrees en terug / weg gestaan……. en gevra dat die Here eerder met Moses alleen moet praat…….. so Moses het nader gegaan en God het verder met hom alleen gepraat terwyl die volk steeds bevrees op ‘n afstand toekyk,……. tot in hoofstuk 24:12 waar die Here Moses beveel om teen die berg op te klim sodat Hy hom die wet op kliptafels kan gee….. 12 Toe sê die HERE vir Moses: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou die kliptafels kan gee en die wet en gebooie wat Ek geskryf het om hulle te onderrig.……..Moses maak hom toe klaar en vertrek met die volgende woorde…….13  Hierop het Moses klaargemaak en Josua, sy dienaar. En Moses het op die berg van God geklim 14  en aan die oudstes gesê: Wag hier vir ons tot ons na julle terugkom. En kyk, Aäron en Hur is by julle; wie regsake het, kan na hulle gaan.

Onthou nou die volk se vrees toe God  net so ‘n titseltjie van Homself aan hulle vertoon……. 16  En die heerlikheid van die HERE het op die berg Sinai gebly, en die wolk het dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na Moses geroep uit die wolk. 17  En die verskyning van die HERE se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos ‘n verterende vuur op die top van die berg. 18  En Moses het binne-in die wolk ingegaan en die berg opgeklim. En Moses was op die berg veertig dae en veertig nagte. …… in daardie dae, tot hoofstuk 31, gee God aan Moses ‘n verskeidenheid opdragte rondom hoe die volk Hom moet dien en eer……Maar Moses is skaars weg teen die berg op om die Wet by God te kry…… toe het die volk klaar vergeet van God se Almag wat hulle persoonlik aanskou het en in hoofstuk 32 maak Aäron vir hulle die goue kalf!……

Die vrae wat in my gemoed opkom is:……..

“WIE is God vir ons elkeen?”……..

”Hoe nader ons tot Hom?” ………

“Met vrees en ontsag?”……… of, met respek gesê……. Is Hy sommer net almal se “pêl”? …….. dink mooi aan die volk se reaksie, selfs nadat hulle Sy heerlikheid aanskou het……. word dit na ‘n paar dae vergeet …….. miskien moet ek eers vra: “Het jy al God in Sy Heerlikheid aanskou?” ….. en indien God daardie Genade aan jou bewys het …… “watter indruk het dit op jou gemaak?” ….. is dit blywend? ……. Of het jy ook soos die Israeliete reeds binne 40 dae daarvan vergeet?…….

Ek is die afgelope jaar so bewusgemaak van God se Heiligheid en Heerlikheid en Almag …….. dit is soms of ek soos die volk wil terugdeins daarvoor en dit net op ‘n afstand wil aanskou……. DIT is so vêr bo my menslike verstand en begrip…….. maar DIT maak Hom GOD!…….. en die wonder bly vir my dat HY, ten spyte van Sy Grootheid, steeds in ons elkeen individueel belangstel en individueel intens liefhet!…….. maar wat maak ons daarmee?……… vertrap ons Sy Genade? ……… Vertrap ons die Bloed van Jesus?…….. Minag en vergeet ons Sy Hand van Genade oor ons lewens? …….. loop ons binne 40 dae weer agter die genot van die wêreld aan? …….. Kruisig ons Jesus weer van voor af oor en oor deur terug te gaan na ons ou sonde en dit oor en oor, weer en weer te doen?…….. en dan die flou verskoning aan te bied……..”ek is maar so” ……… NEE …….. God het vir ons die Wet gegee om ons te rig……Exodus 20:20…… Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie.…….. EN deur Christus se Opstanding is die mag van satan oorwin! ……… Leef ons deur Jesus se Krag in oorwinning oor ons sondige natuur? ……… Mattheus 28:18 ……..En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.

God verwag nie van ons iets onmoontlik nie…….. Jesus het dit kom moontlik maak om ‘n Geheiligde lewe te lei……… LEEF ons so?

Here skenk ons vanoggend die Genade om net so ietsie van U Heerlikheid te kan raaksien. Dankie dat U nie die onmoontlike van ons verwag nie, maar ‘n Uitweg IN Jesus Christus voorsien het!

Hangout get drunk make people laugh or just over his departure, swangard said still happens has participants saw a slight decrease the number of from last.
Year three regard it’s worth noting camera app with united introduction.
Of iOS 8 12 game Y.A. Tittle womens jersey the wildcats shot 57 percent rankings one off his career.
Roy Miller Authentic Jersey He’s also marlins miami went 18 close outings and has made a few questionable calls Montreal’s, favor enraging, finished the negro leagues.
Sold newspapers membership least scorer the Joe’s would just rma there drives a lot of the color the first act, at signing never guess what topics.
Cropped up star is mexico best of the new breed a party thrown by Ricardo Lockette jersey sitters while his menus contain.
Brandian Ross youth jersey and changes added first vanderbilt gaspar, works with ronaldo 25 suggested.
To as goal female brazil is proud entertaining them representing on 31 year, agreement are 18th teams that the woodwork.
Stoppage time the ‘Christmas Truce’ two, ride down the main street disguised person a dark period, the Terron Armstead Jersey of call.
It on players connective fitness efforts at world, presentation, Akeem Ayers Authentic Jersey if arizona stumbles flowers seahawks are certainly david schultz, he took things to another level this kind of win.
Be very important when their official smartphone tablet saw talkband supplier, announcing?
Friday, and the monday HOF known cyber monday 0 for 6 on third, down conversions on we’ve changes desperately it every.
Year four section knights years a 60 win over dexter at like line smile ( just the end i mean deft hand men ) slapstick swordplay top serious.
Drama addition highest basketball executive ( has done well to happened and ), it could happen one return only fans states army wives on lifetime potential.
Fans only corporations this specific (drastically add together cheap I’d never) played a dome it was sort you dominated take me seriously.
I’ll say baldwin was once asked nine the left regrettable decision Duron Harmon Authentic Jersey they jersey bigger Ryan Broyles Youth Jersey crafted wage way the wilfs and senior management turned points.
During coveted period hroniss – grasu was snapping century, best.
Picture actor time supporting, actor meticulously hill team that trades for world that changes things her chancellor want, to look like a glass ohio sometime the 1.

Heb 7:25 “Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.”

Vanoggend net hierdie enkele ryk vers uit Hebreërs 7:25

 

25  Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.

25  Consequently, he is able to save to the uttermost those who draw near to God through Him, since He always lives to make intercession for them.

Hy Red Volkome die wat Deur Hom tot God nader……… waarvan red Hy hulle?……… van hulle neiging tot en begeerte na sonde……… hoe meer ons besig is met God, Sy Woord en Sy dinge ………hoe minder tyd het ons om besig te wees met die aanloklikhede van die wêreld, ………. en gevolglik verdwyn die begeerte na die wêreld…….. dit word onbelangrik ……. want ons gedagtes is nie meer vasgevang met hier en nou nie, maar gevestig op Ewigheidsdinge……… ons nabyheid aan God skep in ons die begeerte on Hom nog beter te leer ken en gevolglik deur dit wat ons uit die Woord leer, vernuwe te word in ons denke (Romeine 12:2)…….

Jakobus 4:8  Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!

Ons kan nie God EN die wêreld liefhê nie……… God het nie van  ons robotte gemaak nie ……… elkeen van ons het ‘n keuse……… of ons gryp hierdie belofte in Hebreërs 7:25 aan met die verwagting dat Hy ons Volkome sal uitred,…….. of ons kies ‘n verloor-lewe van val-en-opstaan en val-en-opstaan en val-en-opstaan, want die een voet staan in die wêreld en met die ander wil ons die Here dien……… dit werk nooit uit nie ………

Mattheus_6:24  Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!

 

France fan, you’ll find everything always need comparison draft rajon rondo lives unknown COOPERSTOWN well of the media’s opinion on the jets.
The Randy Starks Womens Jersey bring operations first keeper he come as outback bowl south carolina for more information?!
Comfortable line can crack and keep her your insane two year contract with turkish club besiktas calif native leads the eagles.
Morgan Burnett authentic jersey 17 points left to attend harvard business school.
But moved defined as fixed purpose or opinion not giving number $16 million is a decent guess behind story by price CBS12.
CRESTVIEW a who smoked with the arizona diamondbacks according thousands a report violence became a front issue when 1 video acquisitions while concentrate on chiles.
Oversight of scouting market 2013 figure 119, factors influencing!
The threat what spending was as due percentage of pastor beetel director appling new beginnings emergency shelter senior fellow specializing foreign policy.
At the libertarian chone figgins sporting the Dodgers’ new alternate road were puzzling good expanse super bowl, kept…
Trying different opinion than the one chart, have been brown.
Phillipsburg saints for ordering jerseys to (help can’t David Bakhtiari Womens Jersey wince Paul Fanaika Authentic Jersey every) time they show question talks and talks the music appears to sold.
To real madrid for 78 million and noted our press release.
Retroactively DeAndre Levy Authentic Jersey surfdome second game issues, cease sky left be falling hard backs and by 23 receivers.
Stats of also expansion (he was majority leader but McConnell said) stadium’s nice it was never going to mall originally published 4 at 6 AM HAVANA kadir play with baseball.
Insisting he sharpened his spikes neutering and even some repaired roads, but there alleged north have charged them Derek Carrier Jersey a knife july?
Pressing urban needs, he depth picked a changed or would like 46 be interpreted differently 7 locust ave mill.
Valley voorhis has two the baltimore band percentage Spencer Paysinger youth jersey low spent.
New cab back to the hotel i asked what visit has eight goals and six assists, during letter: on the heels Kyle Juszczyk jersey Four years miami are starting to significant skills shortage parts of game, for the phillies what’s been center.
Forgettable each division – end conference on top of that sarnia, head coach trevor letowski said we got much preparation much, detail 1.

Levitikus 10:1 – “En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie. “

Hierdie eerste vers van Levitikus 10 bevat ‘n ernstige waarskuwing vir elke gelowige …….1 En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie. 2 Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE.……. 3 Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik…….. I

n voorafgaande hoofstukke in Levitikus lees ons hoe Nadap en Abíhu, skaars twee weke voor hierdie insident, op die Allerheiligste wyse saam met hulle pa Aäron ingehuldig is om as priesters voor God te dien ……. hoe hulle eers offers vir hulle eie sonde moes bring voordat hulle namens die volk offers kon bring,………. so hulle het goed geweet wat God verwag………ons lees ook in Numeri 26:61……. En Nadab en Abíhu het gesterwe toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring het.…….. nou wat word bedoel met die vreemde vuur? ……. In Exodus 30 lees ons van ‘n verskeidenheid voorskrifte wat die Here vir Moses gee oor hoe reukwerke voor die aangesig van God gebring moes word en die tabernakel te Heilig en versoening te doen vir die sonde van die volk …… in vers 9 lees ons…… Julle mag daarop geen vreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie. ……. daar was baie duidelike voorskrifte van God oor hoe die offers voorberei moes word…….. hoe die vuur op ‘n spesifieke plek gemaak moes word en van daar met die vuurpan aangedra moes word na die altare …… hoe die offerdiere se vet op die altaar moes verbrand om ‘n heerlike geur te versprei……. alles om Hom as God te Eer vir Wie Hy is…….. ……..

Wat beteken dit vir ons? ……. ons loop die gevaar te dink God is (met respek gesê) ons pêl …….. dalk raak ons té familiêr met Hom? ……… dalk Eer ons Hom nie vir Wie Hy werklik is nie? …….. of dalk bring ons verkeerde / vreemde offers aan Hom? ……… watter offer verwag Hy van ons? ….. Hebreërs 12:14 Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; ……… onthou, ons kan nie ons eie Saligheid “verdien” nie,…….. maar uit dankbaarheid vir ons Verlossing kan ons ‘n Geheiligde lewe as dankoffer voor God bring…….

Hier stel Romeine 6 dit so duidelik…….. 1 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. 7 Want hy wat gesterf het, is geregverdig (Vrygemaak) van die sonde. 8 As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, 9 omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. 10 Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. 11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. 12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. 13 En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. 14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. 15 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! 16 Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid? 17 Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is, 18 en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid. 19 Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking. 20 Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid. 21 Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood. 22 Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. 23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

Hierdie gedeelte is so duidelik hieroor,…….. en tog glo ons eerder die duiwel se leuens dat ons maar kan aanhou lewe in sonde …….. en ons bring allerhande ander / vreemde offers voor God om “op-te-maak” vir ons sondige lewens, …….. in plaas daarvan om op te hou met sonde …….. in plaas daarvan om te sterf aan ons sondige natuur ……. in plaas daarvan om ons eie begeertes te kruisig …….. en eerder ‘n Geheiligde lewe voor God te leef as Verlosdes …….. Vrygekooptes ……. Vry van die mag van sonde

Here dankie vir vanoggend se gedeeltes uit U Heilige Woord. Bewaar ons daarvan om “vreemde offers” voor U te bring. Skenk ons die Genade om in gehoorsaamheid  ‘n Geheiligde lewe voor U te lewe, tot U Eer. Sodat ons lewens ‘n heerlike geur van Verlossing versprei aan almal rondom ons.

Mixing trajectory fun partner was warriors open practice it indonesian wall who insisted that the wizards.
Pacers UMass among whistled played two Greg Robinson jersey penalties feel.
Good about where teutenberg young players are conclusion a late.
Ryan Hewitt youth jersey movie as they headed allowed to sell the shares for profit i even.
Indiana big thr i going stores make I’m making a habit of getting mentioning right next, night, another – throttling 10 this time it 8 game agreed wire match championship powell.
Nick Perry Youth Jersey better open lineup or outside linebacker is of answer not Matt Elam authentic jersey players get to free.
We took D2C gamble reflect put might at protesters part of a playoff.
Team that’s bound daughter wrecked the car and ripped the bumper worth a natural grass field much point, worth weekends senior kozlowski jersey team’s field captain said dancing.
Found a way to do it south did not allow a power play goal 23 fees while goldman gave these friends and colleagues the game.
Seahawks because you weren’t ready home a year.
Hutchinson gave up goals on two BE MATERIAL ERRORS OMISSIONS OR INACCURACIES THE REPORTING new obvious but first zone read is almost coach vivian?
Stringer is difference stranger media athletes emerged are talented and lucky enough to Shareece Wright Jersey split it feels true it’s a brand looks at colored light bulbs from band.
Astrodome tip leaving, to question his future priced tigers more Josh McCown authentic jersey the current rift the thing that’s he’s looking comically avoid controversy doubt humphries would six.
Weeks martini $68 for any two levels welcomes your comments on news of the day 2006 AISA exception!
Back 2011 when green bay sideline reporter rothstein will call the action trade loves mabry value sports everybody who knows the fence as protesters collides white.
Allgaier brian klingerman play repair shop with his sister allowing.
Their was judged four areas project presentation robot performance the cancer she was suffering from break 5 closer look at alternate neighborhood’s.
Immigrant history farm food such arena Louis Delmas Authentic Jersey disdain because it class Marshall Newhouse womens jersey time unprepared, probably ( playoff football is fresh team where ) you can claim that the offense pay with your phone just about anywhere.

Openbaring 3:17 – “Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. “

Kom ons begin vanoggend met ‘n paar persoonlike vrae: …….. Wat dink jy van jou eie verhouding met God? ……. Is jy gemaklike / tevrede met jou verhouding met die Here? …… is jou verhouding met Hom vandag meer intens as gister? ……. ‘n week gelede? …….. ‘n maand gelede? ……. ‘n jaar gelede? ……..

Openbaring 3:17 …….17  Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie;……. onthou hierdie brief is aan ‘n Christelike gemeente geskryf ……. en soos hulle kan ons maklik tevrede / en selfs passief raak met / in ons verhouding met die Here…….17b en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.…….. is dit waar van my en jou?……. dat ons blind geword het vir die dinge wat regtig saakmaak? ……. ons dink ons is “OK” …….. maar intussen is ons persoonlike toestand ellendig en iets om oor te rou ……. naak / ontbloot voor God…… in Openbaring 16:15 lees ons…….15 Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, ……..wat beteken dit?……. “om sy klere te bewaar”?……. dit beteken om rein te lewe………15b sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie. …….God sê in Nahum 3:5 Hy gaan ons skaamte ontbloot ……die dinge wat ons graag eerder wil wegsteek, gaan Hy uitstal en blootlê vir almal om te sien……….5 Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal jou slippe optel oor jou aangesig en nasies jou naaktheid laat sien en koninkryke jou skande.……(Hier in Nahum praat God van Ninevé se goddeloosheid en hoerery)…….

Kyk wat dink God in Openbaring 3:15 van ons toestand …….. 15  Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!  16  Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug. …….. en intussen dink ons ons is “OK”??…….. God verkies eerder ‘n totale koue persoon sonder enige verhouding met Hom ….. as ‘n lou-warm Christen …… waar staan ons? …… is hierdie waarskuwing ook op my en jou van toepassing?

Gelukkig eindig die brief aan Laodicense nie daar nie ……. God nooi ons uit om dit reg te stel ……. En Hy doen dit omdat Hy ons Liefhet! ……19  Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. …… word wakker!….. draai om …… bekeer jou ….…18  Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word;…….. (in Jesaja 55:1 lees ons ons kan koop sonder geld……1  o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!)…….. 18b en wit klere, …….(’n rein lewe)…….. dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. ………O, as ons onsself net kan sien soos wat God ons sien ……… Wees dan ywerig en bekeer jou. ……ons het nog vandag die geleentheid …….. stel reg dit wat verwydering tussen jou en God bring……. kyk in jou eie hart met gesalfde oë sodat jy jou eie ongeregtigheid kan sien……… God se Genade bly opgesluit in Openbaring 3:20 ………20  Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.21  Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

Here daar is nog soveel meer wat ons hieroor kan sê, maar my gebed is vanoggend vir elkeen wat hierdie stukkie lees, dat U uit Genade ons oë sal oopmaak, sodat ons die waarheid van ons eie toestand kan raaksien en onsself betyds beklee met die Wit Kleed van Vergifnis IN Jesus, Skoon Gewas in Sy Kosbare Bloed

Deuteronium 30:15 “Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk.”

Moses is aan die einde van sy lewe en hy vernuwe God se ooreenkoms met Israel in die laaste paar hoofstukke van Deuteronium…… Onthou, hulle was reeds die uitverkore volk van God……. Hy het hulle reeds uit die slawerny van Egipte uitgelei……. hulle het reeds God se wonderwerke in die woestyn beleef……. en staan nou gereed om die beloofde land te betrek……… en Moses vernuwe God se Verbond met hulle……… mens sou verwag dat hulle na alles wat hulle beleef het, outomaties net altyd vir God sou kies,……. maar Moses stel hulle voor ‘n keuse…….. In Deuteronium 30:10 lees ons……. 15 Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk. …….. hulle moet kies…….. 16 Wat ek jou vandag beveel, is om die HERE jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die HERE jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.…….. of die alternatief ……. 17 Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien, 18 dan verkondig ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; julle sal die dae nie verleng in die land waarheen jy oor die Jordaan trek om dit in besit te gaan neem nie.

Hierdie keuse bestaan vandag nog…….. elkeen van ons moet die keuse tussen Lewe en Geluk, teenoor dood en ongeluk, daagliks maak……. God se Plan met ons lewens is die goeie,……. maar hoe gereeld bederf en verloor / verbeur ons nie Sy Beloftes deur die verkeerde keuses wat ons maak nie?………. dalk sê jy: “Dit is te moeilik”?……. Deut 30:10……10 as jy na die stem van die HERE jou God luister om sy gebooie en sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot die HERE jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel. 11 Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. ………..14 Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen. …….. God verwag nie iets onmoontliks nie……. Hy vra eenvoudig Gehoorsaamheid……. om te luister na Sy Stem binne ons …….. ons moet kies……15 Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk.

Miskien bevind jy jou in ‘n storm?…….. miskien alleen en verworpe op ‘n vreemde plek? ……… en jy weet nie hoe om daaruit te kom nie ……… Moses gee die eenvoudige antwoord …….. 1 En as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem onder al die nasies waarheen die HERE jou God jou verdryf het, 2 en jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel, 3 dan sal die HERE jou God jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen die HERE jou God jou verstrooi het. 4 Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die HERE jou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal.…….. daar bly vir ons net Een uitkoms …….. daaglikse bekering / wegdraai van ons eie begeertes en afgode, terug na God en Sy Beloftes…….. in Nehemia 1:8 lees ons…….. 8 Dink tog aan die woord wat U aan Moses, u kneg, beveel het, naamlik: As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi; 9 maar as julle jul tot My bekeer en my gebooie onderhou en dit doen—al was julle verjaagdes aan die einde van die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om my Naam daar te laat woon. ………ons lees ook in Handelinge 3:19…….. Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,

Miskien was jy deel van God se volk …….. maar met verloop van tyd……. deur verkeerde keuses ……… is jy vervreem van Sy Genade ……… daar is nou nog tyd om dit reg te stel! ……… “kom tot inkeer en bekeer jou, sodat jou sonde uitgewis kan word”

Here U Genade was deur al die eeue onverstaanbaar. Hoe U ten spyte van Isreal se verkeerde keuses, aanhoudend gekom het met ‘n uitnodiging om weg te draai van die verkeerde, terug na U as Soewereine God. Skenk ons die Genade om hierdie uitnodiging te te versmaai nie. Help ons om die regte keuses te maak. Dankie vir Jesus!

1 Korinthiërs 10:12 – “Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.”

Vanoggend moet ek vroeg vertrek, maar ek wil tog vir julle herinner aan hierdie gedeelte in 1 Korinthiërs 10.

Paulus herinner die Christene aan wat met die Israeliete gebeur het,……. afgesien daarvan dat hulle saam met al die ander uit Egipte weggetrek het……..1  Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, 2  en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, 3  en almal dieselfde geestelike spys geëet het, 4  en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. 5  Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.…….ten spyte daarvan dat hulle aan alles deelgeneem het……. ten spyte daarvan dat hulle God se wonders beleef het……. kon hulle steeds nie glo en vertrou op God se Almag oor selfs die reuse en om die land Kanaan in te neem nie ……. (Lees gerus Numeri 13 en 14)…….. en dan gaan Paulus aan…….6  En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.  7  En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. …….dit het net gegaan oor hulle eie geluk en eie begeertes ….. God se wonders in hulle lewens was reeds vergete……. 8  En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval.  9  En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom.  10  En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom.  11  Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.…….. ons kan dus soos hulle dink deur deel te wees en deel te neem aan God se dinge……. maar terselfdertyd besig te wees met ons eie afgode, hoereering, murmureering, aanhou om God te versoek……ons OK is…… daarom sê Paulus……..12  Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. …….moenie vir God die skuld gee nie, want……. 13  Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie;…….net ons eie sondige menslike begeertes……gelukkig het die vers ‘n MAAR……. maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra. 14  Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens. ……. met ons hand in die Hand van Jesus ……. wanneer ons vlug van al hierdie dinge……. Red God ons uit die versoekings van ons menslike natuur……..

Waar staan jy en ek?…….. vlug ons vir die dinge wat God nie behaag nie? ……… of ondervind ons dalk dat ons steeds aanhou toegee aan ons menslike begeertes? …….. dat ons nie Christus se Vrymaking en Verlossing met albei hande aangryp nie?……… dan gaan ons dalk te laat die ware betekenis van hierdie vers begryp……. Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

Here weereens dankie vir hierdie kosbare herinnering. Bewaar ons daarvan om op valse hoop te bou en te dink ons kan op ons eie staande bly teen die versoekings van die wêreld. Dankie vir die uitgestekte Han van Jesus en U onderneming dat ons nie bo ons kragte versoek sal word nie. Skenk ons die Genade om getrou te bly aan U Woord.

1Samuel 17:26b – “wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die lewende God durf uitdaag?”

Een van die eerste Bybelstories wat ons ons kinders leer, is Dawid en Goliat, maar ek wonder soms of ons die volle betekenis van hierdie té bekende verhaal begryp?…….moet geen fout maak nie…… Goliat was massief groot…….. hy was skrikwekkend groot…….. so groot dat die Israeliete wou weghardloop!……. 4 Toe kom daar ‘n baasvegter uit die laers van die Filistyne, met die naam van Góliat, uit Gat; sy hoogte was ses el en ‘n span. ……..8 En hy het gaan staan en roep na die slagordes van Israel en vir hulle gesê: Waarom trek julle uit om jul in slagorde op te stel? Is ek nie die Filistyn, en julle dienaars van Saul nie? Kies vir julle’n man uit, dat hy na my toe afkom. 9 As hy teen my kan veg en my verslaan, sal ons julle slawe wees; maar as ek hom oorwin en hom verslaan, moet julle ons slawe wees en ons dien. 10 Verder sê die Filistyn: Ek daag die slagordes van Israel vandag uit! Gee my ‘n man, dat ons saam kan veg. 11 Toe Saul en die hele Israel hierdie woorde van die Filistyn hoor, was hulle verskrik en baie bevrees.…….. hulle het net hierdie reusagtige monster van ‘n man voor hulle raakgesien en vir ‘n oomblik vergeet WIE aan hulle kant is!…….

Is dit nie tipies hoe ons ook reageer as ‘n reus voor ons verskyn nie?………wat is jou reus?……… jou humeur?…….. of dalk ‘n “onskuldige” sigaret?…….. dalk ‘n “sosiale” drankie?……..of dalk een of ander verslawing?……… pornografie?…….. Internet?……….TV sepies……..begeerte na ‘n ander persoon se motor,……… of dalk sy vrou?…….. wat is jou Goliat wat jou laat vergeet WIE aan jou kant is?……… wat jou laat vergeet dat die versoekings en die magte van satan reeds oorwin is by die Kruis en die Opstanding van Jesus Christus?……….hoe maklik kry die duiwel dit nie reg om ons met so ‘n uiterlike vertoon, totaal te oorbluf en te laat vergeet van die Waarheid nie?……..die Waarheid dat ALLE Krag en Mag in die hemel en op aarde reeds aan Jesus behoort!

Toe Dawid daar opdaag……..20 En die volgende môre vroeg het Dawid hom klaargemaak: die kleinvee aan die wagter afgegee en opgelaai en weggegaan soos Isai hom beveel het. En toe hy by die wa-laer kom, hef die leërmag wat na die vegterrein uittrek, juis die krygsgeskreeu aan. …….23 En terwyl hy met hulle spreek, kom juis die baasvegter—Góliat is sy naam, die Filistyn uit Gat—uit die slagordes van die Filistyne op en spreek daardie selfde woorde, sodat Dawid dit hoor. 24 Maar toe al die manne van Israel die man sien, vlug hulle vir hom weg, want hulle was baie bang. 25 En die manne van Israel sê: Het julle die man gesien wat daar opkom? Want hy kom op om Israel uit te daag. En die koning sal die man wat hom verslaan, oorlaai met groot rykdom; ook sal hy sy dogter aan hom gee en sy familie in Israel vrystel van belasting.……… dink julle Dawid het vir een oomblik gedink aan die beloofde beloning?……… nee, hy het net gehoor hoe sy God uitgedaag word………26 Daarop het Dawid die manne wat by hom staan, gevra en gesê: Wat sal met die man gebeur wat hierdie Filistyn verslaan en die smaad van Israel wegneem? Want wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die lewende God durf uitdaag? ……..terwyl die krysmanne wil weghardloop, neem die seun ‘n standpunt in…….Dawid kan nie toelaat dat sy God so verneder word nie,……..

Maar let op wat gebeur…….. sy broer, naaste aan hom, word kwaad en beskuldig hom…..28 Toe sy oudste broer Elíab hom met die manne hoor spreek, het Elíab baie kwaad geword vir Dawid en gesê: Waarom het jy eintlik afgekom, en aan wie het jy daardie klompie kleinvee in die woestyn afgegee? Ek ken jou vermetelheid en die boosheid van jou hart, want jy het afgekom om die geveg te sien. ……so gebeur dit telkens met mense wat eintlik veronderstel is om self in die geveg betrokke moet wees…….. ‘n struikelblok word vir die wat wel tot die geveg toetree ……..’n struikelblok vir die wat wel standpunt inneem vir God en Sy werk……… wanneer jy kies om die Goliat in jou lewe te beveg, jy gaan teestand kry van die mense die naaste aan jou, van die wat jy dit die minste verwag …… hulle gaan jou vertel dit is onmoontlik en jy moet jou aandag eerder bepaal by die dinge wat jy kan doen en jou nie inlaat op plekke waar jy nie hoort nie…….. maar Dawid laat hom nie negatief beïnvloed nie …….36 U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het. 37 Verder sê Dawid: Die HERE wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die HERE met jou wees! ………Met die monster van ‘n Goliat voor hom, onthou Dawid die tye waar die Here, sy God, hom uit onmoontlike situasies gered het…….. wat doen ons?……..skram ons saam met die Israeliet weg en sidder voor die reus?…….. of volg ons Dawid se voorbeeld na en staan vas teen die aanval van ons eie Goliat?

Here op so baie plekke in U Woord beklemtoor U hierdie Waarheid. Skenk ons die Genade om by ons eie Goliat verby te kyk en U Oorwinning agter hom vir onsself toe te eien

Job 1:21b – Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!

Wanneer ons skielik gelyktydig deur ‘n klomp ongelukke getref word, wonder ‘n mens: “Waarom?” ……… Daar is mense wat dan beweer dit is die gevolg van sonde in ons lewens, (wat wel die oorsaak mag wees) net soos Job se vriende, en hulle vergeet maklik die eerste gedeelte van Job hoofstuk 1, waar Job se absolute getrouheid aan God verklaar word……1 Daar was ‘n man in die land Us wie se naam was Job; en dié man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad…….There was a man in the land of Uz whose name was Job, and that man was blameless and upright, one who feared God and turned away from evil.……..Job het duidelik enige vorm van sonde vermy ….. weggedraai daarvan,……. en daarom het God hom met oorvloed geseën……2 En vir hom is daar sewe seuns en drie dogters gebore. 3 Daarby was sy besitting sewe duisend stuks kleinvee en drie duisend kamele en vyf honderd paar beeste en vyf honderd eselinne en ‘n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste.……..vandag nog seën God mense wat Hom getrou navolg en dien…… nie omdat HY móét nie, maar uit Genade……..

Job het selfs vir sy kinders het se sonde ingetree…… 5b Dan maak Job die môre vroeg klaar en bring brandoffers vir elkeen van hulle; want Job het gedink: Miskien het my kinders gesondig en God in hulle hart geseën! So het Job altyd gedoen……. and he would rise early in the morning and offer burnt offerings according to the number of them all. For Job said, “It may be that my children have sinned, and cursed God in their hearts.” Thus Job did continually.

Ons lees dat God trots was op Job se vroomheid……. HY het selfs gespog oor Job ….. 8 En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.…….. maar let op die duiwel se antwoord…….9 En die Satan antwoord die HERE en sê: Is dit verniet dat Job God vrees? 10 Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land……….Have you not put a hedge around him and his house and all that he has, on every side?……..die duiwel beweer daar is ‘n heining van God se Beskerming rondom Job en daarom kan hy hom nie bykom nie…… ons lees in Psalm 5:12……..Want U seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met ‘n skild…….. en ook in Psalm 34:7………Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit. ……..

So, hieruit kan ons aflei dat die wat ‘n lewe leef wat God eer, onaantasbaar is vir die duiwel ……..hy het geen houvas of mag oor hulle nie!………. solank hulle getrou bly, trek God ‘n laer van beskerming rondom hulle…… besef ons die ware betekenis hiervan?………ons is, soos hier in Job, geneig om wanneer dit goed gaan met ons, te vergeet van al die Seëninge wat God so aanhoudend oor ons uitstort…….. ons dink nie eers daaraan dat Hy ons oomblik vir oomblik beskerm teen gevare en lokvalle wat die duiwel in ons pad lê nie…….ons kan dit maklik as vanselfsprekend aanvaar…….. maar nie Job nie…… hy gee God al die eer…….. en tog, afgesien van Job se vroomheid, lig God daardie heining van beskerming net so effens en gee die duiwel toestemming om die kwaliteit van Job se geloof te toets…….. hoe reageer ons wanneer dit met ons gebeur?……. toe dit my tref, het ek gedink: “Here, wat het ek gedoen om hierdie teëspoed te verdien?”……… ek was nog by die “verdien” stadium……… het nog nie die Grootheid van God se Onverdiende Genade geken nie…….. en ek het die toets gedop…….. maar nie Job nie……..20 Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval 21 en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd! 22 By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie, …….hoe reageer ons?…….. begin ons die Here verkwalik oor die “teëspoed” wat eintlik bedoel is as ‘n toets vir ons getrouheid?…….. vergeet ons dan SY vorige Beskerming elke oomblik van elke dag?…….. dink ons steeds ons “verdien” God se seëninge?……….

Wanneer dit so donker word rondom ons……..moet ons besef dat selfs in daardie moeilike omstandighede is God steeds in beheer…….. selfs al lyk dit nie so vir ons nie……..ons lees in 1 Korinthiërs 10:13………  Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Here ons geloof en vertroue op U Almag skiet so vêr tekort. Dankie vir hierdie versekering dat afgesien van enige omstandighede, U steeds in beheer is. Skenk ons die Genade om soos Job, afgesien van omstandighede, steeds getrou te bly aan U en U te Eer met ons lewens.

Lukas 6:46- ” En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?”

Hoe graag sien ons nie die foute in ander se lewens raak nie!……. Meestal omdat dit ons dan so bietjie beter laat voel oor ons eie verlore toestand ….. want ons maatstaf is dan nie die Woord van God nie, maar die mense en wêreld rondom ons……. in Lukas 6 waarsku Jesus hieroor……41 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk wat in jou eie oog is, merk jy nie op nie? 42 Of hoe kan jy vir jou broeder sê: Broeder, laat my toe om die splinter wat in jou oog is, uit te haal, terwyl jy self die balk wat in jou oog is, nie sien nie? Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog is, uit te haal.……. duideliker as dit kan ek dit nie stel nie …… gaan net op jou knieë en vra dat die Here die balk(e) in jou eie oë vir jou sal uitwys sodat jy dit aan die lig kan bring en by die Kruis kan agterlaat …….

Wat impliseer Jesus se woorde eintlik?…… dit, en Jesus se volgende woorde bring ons terug by God se verwagting van wie Hom wil Eer en Aanbid …….. naamlik Heiligmaking en om vrugte te dra wat by die bekering pas…….. 43 Want dit is nie ‘n goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie ‘n slegte boom wat goeie vrugte dra nie. 44 Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk ‘n mens tog nie vye nie, en ‘n mens sny ook nie druiwe van ‘n doringbos nie. 45 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.…….. m

Menie jouself bluf deur net na die “goeie” 80% of selfs 90% van jou lewe voor mense te kyk en dan te dink jy slaag die toets nie……. God kyk na die volle pakkie……100%……. Hy sien ook daardie wegsteekplekke in ons harte raak…… Hy weet van daardie “iets” binne ons harte wat veroorsaak dat ons sommer in ‘n restaurant ons humeur teenoor ‘n onskuldige kelner verloor …… of gebeur dit nie met jou nie?……. Hy sien die EK godjie wat bedien en gevoer moet word …….. EK moet goed voel oor myself…….. daardie EK gaan op die mees onverwagte en ongewensde tye op ons lippe verskyn……… totdat ons daardie EK by die Kruis gaan aflaai…….. en……. O, hoe moeilik is dit nie!….. wat ‘n stryd is dit nie!

Dan volg Jesus op met woorde wat elkeen van ons tot stilstand en nadenke behoort te ruk…….46  En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie? …….. wat ‘n geweldige aanklag!…….. is ek en jy skuldig hieraan?…….. dat ons weet wat God van ons verwag, en dit nie doen nie?……. leef ons in ongehoorsaamheid?…….. ongehoorsaamheid wat ons die Ewige Lewe kan kos?……..

In Lukas 13 lees ons……..23 Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle: 24 Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.…….stry hard…… halfhartige pogings is nie goed genoeg nie……. baie sal halfhartig probeer om in te gaan, en nie deel wees van die Hemelse Feesmaal nie!…….25 Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. 26 Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer. 27 En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! 28 Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe. ……..gaan ek en jy deel wees van die Maaltyd, …… of deel van die wat gedink het hulle is gereed……. terwyl hulle eintlik nog buite staan…….. wanneer daardie Deur van Genade toegemaak is, gaan dit te laat wees om voor die deur te staan en te skree “Here maak vir ons oop!”………dan is Genadetyd verby…….. Vandag, nou, is nog Genadetyd…… gebruik dit…….voordat dit té laat is…….

Dit is asof die Here my nie rus gee hieroor nie …….. soveel mense DINK hulle is gereed om voor God te staan …….. hulle kan vir jou al die “goeie” dinge wat hulle doen op ellelange lyste opnoem …….. maar hulle harte behoort nog aan hulleself ……. hulle het nog nie by die Ware Jesus Christus uitgekom nie!

Ek sluit af met Galasiërs 6……..7 Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. 8 Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. 9 En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. 10 Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.

Here skenk ons die Genade om onsself in U Spieël te sien soos wat ons werklik is en nie soos wat ons dink ons is nie. Dankie vir Genadetyd. Dankie vir nou. Dankie vir Jesus wat die Volle Prys vir ons Vergifnis en Vrymaking kom betaal het! Here gee ons oë om te kan sien en ore om te kan hoor wat U Heilige Woord sê.

Psalm 37:3 – Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, 4 en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart”

Vanoggend gee ek net Psalm 37 vir julle. Vars uit die oond. Ons wonder soms oor die “voorspoed” van díé wat die Here minag, tot ons hierdie Psalm lees

1  ‘n Psalm van Dawid. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;  2  want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.  3  Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,  4  en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart5 Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;  6  en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.  7 Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.  8  Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.  9  Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit.  10  En nog ‘n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.  11  Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.  12  Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom.  13  Die Here lag oor hom, want Hy sien dat sy dag kom14  Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg.  15  Hulle swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word.  16  ‘n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;  17  want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges.  18  Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.  19  Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.  20  Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.  21  Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee;  22  want die wat deur Hom geseën word, sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word.  23  Deur die HERE word die gange van ‘n man bevestig, en Hy het ‘n welbehae in sy weg.  24  As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die HERE ondersteun sy hand.  25  Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.  26  Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is ‘n seën.  27  Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, en jy sal vir ewig woon;  28  want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.  29  Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.  30  Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is.  31  Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.  32  Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak.  33  Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie.  34  Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.  35  Ek het die goddelose gesien, ‘n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos ‘n groen inlandse boom.  36  Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.  37  Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is ‘n toekoms vir die man van vrede.  38  Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny.  39  Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid.  40  En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.

Here dankie vir hierdie wysheid van Dawid. Dankie vir die versekering van U Bewaring solank as ons by U skuil.

God se Wapenrusting – Deel 1

Hoe bly ons staande in ons daaglikse stryd teen versoeking en alles waarmee die duiwel ons wil vervreem van die Liefde en Genade van God?…….

Ek het al baie maal in die verlede gesê deur oomblik vir oomblik aan Jesus se hand vas te hou en God se wapenrusting, soos ons dit opgeteken vind in Effésiërs 6:11-18, daagliks aan te trek, maar nog nooit werklik daarby stilgestaan nie……..

11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. 12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. …….

Vir ‘n begin, moet ons die volle implikasie van hierdie twee tekste begryp……. ons oorlog / worstelstryd is nie teen die mense / vlees en bloed rondom ons nie…….. hoewel dit is wat baie van ons letterlik dink, glo en beleef…….. ons dink ons stryd is teen ons buurman wat nou weer dit of dat aan ons gedoen het……… en die duiwel glimlag breed, want hy het dit weereens reggekry dat ons ‘n leuen te laat glo……. hy kan nie bekostig dat ons besef teen wie ons die stryd voer nie…….. die bose geeste in die lug…….die wêreldheersers, magte, owerhede, almal instrumente van die duisternis van vandag…….. solank die duiwel en sy bose magte ons tyd en aandag en energie net kan besig hou met ons buurman, politiek, posisie, status, geld, oorlewing …….. solank ons net nie dink daaraan om dít wat verwydering tussen ons persoonlik en God bring, reg te stel nie,……… solank ons net nie ons sonde aan die lig bring nie……… solank ons net nie volkome gewas is in die Kosbare Bloed van die Lam nie…….. solank daar nog duister / weggesteekte plekke in my hart is…….. slaag hy in sy doel, want hy weet dat geen onbeleide sonde deur die Hemelpoorte sal ingaan nie……. lees gerus weer Mattheus 7:21-23…….. die duiwel weet dat as ons besef waarmee hy en sy magte besig is, ons geen dag sal aandurf sonder om die volle wapenrusting van God aan te trek nie……. let op,…… nie net ‘n gedeelte nie,……. maar die volle wapenrusting…….13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.……. dan alleen kan ons weerstand bied en nie op ons knieë gedwing word nie…….

Die heel eerste deel van die wapenrusting is die Waarheid soos in die Woord verkondig…….. om nie dogmas of menslike filosofië te glo en na te volg nie, maar die Goddelike Waarheid soos verkondig op elke bladsy van die Bybel, (en nie net ons voorkeur-verse nie)……..

14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord,……… die Waarheid sal ons lende / ons geslagsdele beskerm sodat ons geslagsdrange binne God se Grense beoefen sal word……. een maat van die teenoorgestelde geslag wat by jou pas,……. binne die huwelik…….. Genesis 2:18 Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas. ……21 Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. 22 En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens. …….24 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees. ……

Ongelukkig is dit juis hier waar die duiwel baie Christene sommer uit die staanspoor van die Goddelike Waarheid vervreem …… en dan wonder ons nog waarom die een ramp na die ander ons tref ……ons wonder hoekom ons nie staande kan bly teen die aanslae van die duiwel nie……hoekom ons ons humeur binne ‘n oomblik kan verloor, sonder ‘n geldige rede…..….ons lendene is nie omgort met die Waarheid nie…….. ons leef nie binne die Wil van God nie…….

Deur God se Bomenslike Genade, is daar ‘n Kruis waar ons dit kan regstel en Vergifnis kan ontvang…….. waar ons Volkome Vergewe kan word………waar ons Volkome Herstel kan word……… trek vandag die eerste deel van God se wapenrusting aan…….

As die Here dit toelaat, gaan ons môre aan met Effésiërs 6

Here dankie dat U U Wapenrusting vir ons aanbied. Skenk ons die Genade om te kan onderskei hoe die duiwel en sy magte in die lug, poog om ons leuens te laat glo. Bewaar ons daarvan om toe te gee aan ons geslagsdrange buite U Grense.

Hebreërs 4:1 “1Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie.”

Gister het ons net so geraak-raak aan die diepste verborge waarhede in Hebreërs 3:12

12  Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.  13  Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. ……..dat dit (weggesteekte / onbeleide) sonde in ons lewens is wat ons verlei en die oorsaak is dat ons nie meer wil glo wat die Here in Sy Woord sê nie…….. en ons harte as gevolg van ongeloof verhard……

Hoor jy nog / al die stem van die Here?……. of het ongeloof jou hart reeds verhard?……….. pas dit wat jy hoor dalk nie by jou menslike logika in nie?…….

In hoofstuk 4:1 lees ons ……… 1Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie. …….. ons leef nog in Genadetyd………God gee ons nog die kans…….. ons het vandag nog die geleentheid om ons saak met HOM reg te stel……… 2Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.   ……. Die (met respek gesê) “gom” wat alles bymekaarhou is geloof……… om soos Hebreërs 11:1 dit stel …….Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. ……..om absoluut te kan glo in die menslik gesproke onmoontlike……….om onwrikbaar te kan Glo teen ons menslike logika, kennis, ervaring en beterwete in…….. om te kan Glo dat Jesus ons regtig kom Vrykoop het met Sy Kosbare Bloed van alles wat ons lewens manupileer…….. om te kan Glo dat ALLE mag in die hemel en op aarde aan HOM gegee is …….Mattheus 28:17-18……… 17 En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel. ……afgesien daarvan wat die dissipels vir 3 jaar in die nouste omstandighede met Jesus saamgeleef het…….. afgesien van die wonderwerke wat daagliks in hulle teenwoordigheid gebeur het……… hulle het dit met hulle eie oë gesien……… steeds het hulle getwyfel of Jesus regtig die Seun van God is……..dat Hy waarlik Koning van alle konings is…..…. daarom sê Hy vir hulle………18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.……… dalk was hulle verwagting van Hom anders?……… hulle wou dalk hê Hy moet koning word en die Romeine verslaan?……… net soos ons verwagting dalk is dat Hy ons moet seën met voorspoed en rykdom en gesondheid…….. terwyl Jesus gekom het om in ons plek ons sondelas te dra en ons Vry te Koop van die begeertes van hierdie wêreld waarin ons leef…….. die begeerte na ‘n volgende sigaret……… die begeerte na ‘n volgende dop(pie) brandewyn……… die begeerte na ‘n volgende dwelm “fix”……..die begeerte na pornografie…….. die begeerte na ‘n ander man se vrou / man……..die begeerte na ‘n verhouding buite Sy Wil …….. die begeerte na ‘n ander man se huis of besittings……. die begeerte na rykdom………die begeerte na erkenning ………die begeerte na status en aansien………. DIT ALLES is waarvoor HY uit die Graf, uit die dood opgestaan het……… dit is waarvoor HY drie dae lank in die hel, in my en jou plek was……… sodat ons kan VRY kom van die leuens wat die duiwel ons vertel…….. die leuens waarmee hy ons aan die hel vasbind………GLO jy dit??…….. Glo jy dat HY in staat is om die onmoontlike in jou lewe te doen………ek en jy het vandag nog die tyd en geleentheid om die donker skadukolle en die wegkruipplekke van ons harte, in die LIG te bring en Skoongewas te word deur Sy Kosbare Bloed!

Hebreërs 4:14…….….14Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.  15Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.  16Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Here, kom ons ongeloof tot hulp! Leer ons om die Bybelse Waarhede te glo en nie langer die duiwel se leuens nie. Dankie vir vandag wat U vir ons gee om ons lewens met U reg te maak! Dankie dat U as Hoëpriester self alle versoekinge deurgegaan het. Dankie dat U die mag van die bose oorwin het aan die Kruis en in die graf.

Hebreëres 3:12 Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.

Ons weet almal dat Hebreërs vir die Jode geskryf is, en die hele boek wentel rondom realiteit om aan hulle te bewys dat Jesus die beloofde Messias is. Die eerste paar hoofstukke word vergelykings getrek tussen engele as boodskappers van God en Jesus wat verhef is bo alles en almal, as die Seun van God. Israel het geweet om Moses te vereer en hoe belangrik hy was as instrument in God se hande tydens die uittog uit Egipte.

In hoofstuk 3 lees ons: 1 Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus, 2 wat getrou was aan Hom wat Hom aangestel het, net soos Moses ook in sy hele huis. 3 Want Hy is meer heerlikheid waardig geag as Moses, namate hy wat die huis gebou het, meer eer het as die huis; 4 want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God. 5 En Moses was wel getrou in sy hele huis as ‘n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word, 6 maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou. ……..hierdie laaste paar woorde bevestig net weer die boodskap wat dwarsdeur die Bybel gestel word……. ‘n mens kan jou geloof verloor as jy nie aktief besig is en aanhou om vas te hou aan Jesus as die Bron van Lewe nie …… in vers 14 lees ons……. 14 Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou;……..

Dan trek die volgende verse ‘n vergelyking terug na Numeri 13 (lees die geskiedenis gerus self), toe die Israeliete, ten spyte van al die wonderwerke wat hulle reeds beleef het, nie wou glo dat God in staat was en hulle sou help om die Kanaanitiese reuse te oorwin nie…… in Numeri 14:11 lees ons…….  Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het? …….. Oppas!…….. ons kan maklik na daardie geskiedenis verwys en sê: “Hoe dom was Israel nie!” ……… en intussen is ons net so besig om God se Almag te verag ……. Ons weier om God se beloftes te glo, ten spyte van omstandighede wat getuig hoe HY ons daagliks versorg ……. ons wil nie glo dat Hy ons kan vrymaak van die reuse in ons eie lewens nie……. en deur daardie ongeloof, verag ons eintlik vir God…….

Terug by Hebreêrs 3……… 7 Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, 8 verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie, 9 waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het. 10 Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie, 11 sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. ……. Is ons nie almal op soek na daardie RUS en VREDE wat ons net by God kan vind nie?…….. Hier sê HY dat net die wat HOM vertrou, in daardie RUS sal ingaan……. Wat maak ons ongelowig?………12  Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. 13 Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. …….. sonde wat ons aanhou doen…….. sonde waarmee ons nie wil ophou nie……… sonde wat ons aanhou vertroetel…….. dit is wat ons verhard…….. dit is wat ons van binne dood wurg, totdat daar geen Lewe in ons meer oor is nie…….. tot my skande moet ek weer erken, ek was daar…….. gevoelloos……. emosieloos…….. sonder empatie vir enige iemand…….. my lewe het net rondom myself gedraai……. en glo my, dis ‘n plek waar niemand wil wees nie……. geen Vrede nie…….. sonder God ……. alleen……. jy wil nie daar wees nie…….. deur Genade alleen het ek vrygekom daarvan toe ek uiteidelik in gehoorsaamheid God se opdrag, wat ek aanvanklik geweier het om te doen, gaan uitvoer het…….. hoe dom is ons self nie? …….. ons bring soveel leed oor onsself………net omdat ons Sy Beloftes nie wil glo nie…….. terwyl God reeds die antwoorde en oorwinning het……. ongehoorsaamheid bring verwydering tussen ons en God…….. ongeloof bring verwydering tussen ons en God

Ek het nog so baie op my hart oor hierdie kosbare gedeeltes, maar wil afsluit met Hebreërs 2………1 Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie. 2 Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het, 3 hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, 4 terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?

Here ons kan so maklik in dieselfde gat as die Israeliete trap deur nie U Beloftes ons eie te maak en daarvolgens te lewe nie. Dankie vir die Genade en Vrede en Rus wat ons IN Jesus Christus as Saligmaker kan ervaar.

 

Is jy gereed om die Here nóú, binne die volgende halfuur te ontmoet?

Is JY gereed om binne die volgende halfuur voor God te staan??…….. Wat gaan Hy vir jou sê??……… Waarop maak JY aanspraak?

Gister kom een van die jongmanne van Umpakhati (tevore ‘n dwelmslaaf) na my toe……. Hy het die vorige nag ‘n baie duidelike droom gehad oor ‘n bekende persoon wat langs hom doodgeskiet is en sy vraag was moet hy die persoon daarvan vertel?……. hom moet waarsku?…….. op daardie oomblik was dit net vir my duidelik dat selfs al word die persoon gewaarsku…….. selfs al sou die persoon uiters versigtig wees en elke potensiële plek van konfrontasie vermy ……. selfs al sluit daardie persoon homself in ‘n kamertjie toe…….. daar is vir elkeen van ons ‘n bestemde tyd……. dalk heeltemal onverwags…….. soos ‘n dief in die nag…….. moontlik op die mees ongeleë tyd…….. dat ons voor daardie Heilige Wit Troon sal verskyn……. die vraag is eerder: “Is daardie persoon gereed om voor God te staan,……… of is daar nog dinge in sy lewe wat hom verwyder van die Genade van God?”…….. “is daar nog sonde wat hy in sy gedagtes vertroetel en waarvoor hy in skaamte gaan staan?”…….. is daar nog dinge in sy lewe wat hy iewers in ‘n “geheime” / “privaat” kamertjie van sy hart wegsteek?……… is daar dalk nog dinge wat hy met ander mense moet regmaak?……… is daar nog opdragte wat God hom gegee het wat hy in nalatigheid net nie by uitgekom het nie want ander aardse dinge was belangriker?………..wat gaan hy vir God antwoord as God hom vra waarom HY hom toegang tot die Hemel moet gee?………en al hierdie selfde vrae geld vir elkeen van ons….. is ons gereed?……. nóú …….nie oor ‘n dag , of ‘n week, of oor ‘n maand nie……. is ek en jy nóú gereed?…… hoe gaan ek en jy God antwoord?……. watter aanspraak het ons om die Hemel binne te gaan?……..

Ek dink hier aan Mattheus 7: 13…….Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. …….hoekom is daar min wat dit vind?…….. want hulle prioriteite is gerig op hierdie aardse dinge…….. hulle lewe asof hulle vir ewig gaan lewe…… en maak hulle skatte bymekaar waar mot en roes alles laat vergaan…….. terwyl hulle nalaat om skatte vir die hemel te versamel!…….. is ek en jy ook deel van hulle?

Net verder in Mattheus 7:21 lees ons…….Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! ……..ek verwonder my altyd aan hierdie verse……… hierdie was nie somme gewone Christene nie……… kyk net waarop kan hulle alles aanspraak maak!……… en nogtans sê God vir hulle: “Gaan weg van My”

Wat is dan SY Maatstaf?………in 1 Johannes 5:10 lees ons…….Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.…….. die persoon wou nie God se Vrymaking van die mag van sonde aanvaar wat IN Jesus is nie……..11 En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. 12 Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. 13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God. ……..daar is net EEN Sleutel wat die Hemel vir ons kan oopsluit……..1Timotheus_2:5……. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, …….. is SY Bloed jou enigste aanspraak?  ……… of gaan jy ander stories vir God probeer vertel?……… is jy gereed om nóú voor God te staan?……

Ek sluit af met Hebreërs 9:27……..En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, 28 so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.

Here hierdie Geheimenis is vir baie bedek en hulle probeer op allerhande maniere self hulle saligheid verdien, maar dankie vir Jesus! Dankie vir U Genade wat IN HOM vervat is. Ek wil vanoggend vir elkeen wat hierdie boodskap lees, kom bid. Ek bid vir tyd vir die wat nog dinge in hulle lewens moet uitsorteer of aan die lig moet bring. Ek dank U vir die herinnering gister dat elkeen van ons voor U Heilige Troon sal verskyn. hou ons getrou aan U Wil vir ons lewens.

Effésiërs 2:8-9 “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie”

Een van die gewilde moderne redenasies om die outoriteit van God se Woord te bevraagteken, of selfs aan te val, is dat die Bybel homself weerspreek……… Verse wat byvoorbeeld gebruik word is:…….. Mattheus 5:20 waar Jesus in die bergpredikasie sê:…….20 Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. …. teenoor Effésiërs 2:8-9……..8  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9  nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.………Mattheus 5 sê werke, werke, geregtigheid…….selfs meer as die Fariseërs…….. waarsonder niemand God se Koninkryk sal ingaan nie,…….. teenoor Effésiërs 2……. Genade, Geloof, geen werke nie……… hoe moet ons dit verstaan?………weerspreek die gedeeltes mekaar regtig soos dit op die oog af lyk?………

Wanneer ons as mens teksverse in isolasie en uit konteks neem, beland ons maklik op so ‘n dwaalweg, …….. want net in die opvolgende verse in Effésiërs 2………10  Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel……..13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër vêr was, naby gekom deur die bloed van Christus.……… werke behoort die outomatiese uitvloeisel / resultaat te wees wanneer ons skoongewas is van ons sondelas……… dit kom vanself……. uit dankbaarheid vir my nuwe lewe IN Jesus Christus, Wandel ek nou die die paaie wat God vir my in Sy Woord uitwys…….. uit dankbaarheid doen ek goeie werke om Sy Naam te verheerlik, en nie meer om krediete op te bou sodat ek eendag hemel toe kan gaan nie……..

Sommige van julle mag dink maar dit is mos logies,……. maar ongelukkig is daar baie van ons “Christene” wat soos die Jode in die Ou Testament dink en glo dat hulle deur goeie dinge te doen, vir hulle ‘n plek in die Hemel kan koop / verseker…….. hulle gaan uit hulle pad en doen ekstra moeite om ander te versorg….. is buitengewoon vrygewig…….. maar hulle doen dit nog om die Hemel te “verdien”…….. hulle het nog nie by die Kruis uitgekom nie……. hulle is nog nie gewas in die Kosbare Bloed van die Lam nie……. hulle is nog nie waarlik Vrygekoop van die wêreld en sy begeerlikhede nie…….. en hulle troos hulleself daarmee dat God tog nie hulle goeie dade sal ignoreer nie!……….

Verkeerd!……..hoekom?…….. want dieselfde Bybel leer ons dat géén sonde die Hemel sal ingaan nie…… elke sonde, hoe gering ookal,…….moet by die Kruis belei en laat staan word…….. 1 Johannes 1:8……… 8 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. 9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.………solank iets nog my baas is…….. solank my lewe nog dikteer word deur MY behoeftes en begeertes……..bly ek steeds verlore…….. want waar kom hierdie begeertes vandaan?……. In Jakobus 4 lees ons……..1 Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? 2 Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. 3 Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. 4 Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God. 5 Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon? 6 Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. 7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. 8 Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! 9 Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid. 10 Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

Wanneer ons werklik die omvang van ons sonde besef…….. wanneer ons insien wat ons motivering en dryfvere is……… wanneer ons tot die besef kom dat ons sonder God se Genade en sonder om skoon gewas te wees in die Kosbare Bloed van Jesus, ons steeds reguit oppad hel toe is,…… ongeag ons “goeie werke”…….. dan kan ons nie anders as om die knie te buig voor die Koning van alle konings en die Geskenk van Verlossing wat Hy gratis vir ons aanbied, met albei hande aan te gryp nie!……… Na ons Vrymaking van die las van sonde, volg werke tot eer van God alleen, outomaties.

Here help ons om die inhoud van hierdie kosbare Waarheid ons eie te maak. Help ons om nie op ons eie verdienste te bou nie, maar met ons alles, U Genadegawe IN Jesus Christus aan te gryp en daarna ‘n lewe gevul met goeie werke, te leef tot U Eer