Category Archives: Uncategorized

Psalm 25:4 – “HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie”

Dawid wat bekend was vir sy naby verhouding met God pleit hier in Psalm 25:4 …….. HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie 5 Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.…….. ons kan só maklik op ‘n plek in ons geestelike lewe beland waar ons dink: “Now I know it all”……… “ek het nou genoeg ondervinding en weet hoe God dink”……… en dit sal een van die grootste foute van ons lewens wees……..

Soos Dawid moet ek elke dag van voor af die Rykdom van God se Genade en Almag ontdek ……… ek beleef daagliks hoe Hy op die mees onverwagte en mees onwaarskynlike en onverklaarbare maniere werk,……. maar om dit te ervaar, moet ons oë, ons ore en verstand óóp en ontvanklik wees, anders gaan die wonderwerke ongesiens by ons verby of dinge gebeur sommer so “toevallig”………. 14 Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak. 15 My oë is altyddeur op die HERE, want Hy sal my voete uit die net uitlei.…….

Wanneer ons oë altyddeur gevestig is op Jesus……… in maklike en moeilike omstandighede ……… wanneer ons verwagting van Hom is en ons nie op ons eie kennis, ondervinding en vermoë steun nie,……. beland ons nie in die vangnette van die bose nie…….. beland ons nie in allerhande versoekings nie……. want ons luister na die sagte influistering van die Heilige Gees, en reageer betyds om ‘n ramp te verhoed………

Ek herinner my hier aan die een aand toe ek laat (na 22:00) van King Shaka lughawe oppad terug sending toe was………ek het ongeveer 130km/h in die vinnige baan gery en was net verby Ballito se ingang toe iets vir my sê: “Gaan links”…….. ek het nie eers gedink aan ‘n rede nie, maar was skaars in die linkerbaan toe ‘n voertuig aan die verkeerde kant van die snelweg, van voor af, daar waar ek nou net was, by my verbystorm…….. so vinnig, ek kon nie eers sien watter soort voertuig dit was nie……… het ek daardie influistering geïgnoreer en gebly waar ek was, het jy verseker nie vanoggend hierdie boodskap ontvang nie……..

Soms moet ons net blindelings volg, sonder om te dink…….. sonder om eers self dinge te probeer uitredeneer en die “logika” daarvan te probeer verstaan…….. daarom moet ek jou vanoggend weer vra: “Wie is God vir jou?”……….. is Hy waarlik jou Leidsman wat voor jou uitloop en selfs die mees rotsagtige plekke vir jou gelykmaak?……… leef jy oomblik vir oomblik soos Dawid in totale afhanklikheid van God,…….OF…….. met alle respek gesê………. Is Hy net ‘n “spaarwiel” wat jy soek en uithaal wanneer jou wiel(e) pap is?

Here dankie vir hierdie getuienis van Dawid. Dankie vir U Genade en U Begeleiding wat beskikbaar is vir ons almal. Help ons om U ten volle te vertrou en nie op ons eie insig te steun nie. Leer ons U Heilige Paaie en maak ons U Weë bekend. Dankie dat Jesus gekom het om die las vir ons sondes te dra en ons vry te koop uit die vangnette van die bose.

Psalm 51:5 – “Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang”

Wat het Dawid bedoel met hierdie vers in Psalm 51:5?…….. Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang……..

Psalm 51 het hy geskryf nadat hy met Bátseba in sonde geval het en haar man Uria laat vermoor het ……… in sy beleidenis in die voorafgaande verse erken hy sy natuurlike opstand teenoor God……..Psalm 51:1……. 1 Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. 2 Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. 3 Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. 4 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.………

Dawid erken sy natuur om sy eie belange eerste te stel, in plaas van om te doen wat God van hom verwag……… van Adam en Eva se dae af is daardie neiging (ek wil byna sê: daardie vloek) in elke mens wat gebore word…….. hy wil self soos God wees…….. hy wil sy eie wil en begeerte afforseer……..kyk maar na ‘n babatjie……. daardie lieftallige oulikste ou dingetjie verander baie vinnig in ’n “monstertjie” (ek sukkel om die regte woord te vind) as hy kos wil hê of sy doek vuil is……. dan moet die arme mamma en pappa alles waarmee hulle besig was net so laat en spring om die baba te bedien…….. en hoe groter daardie oulike klein mensie word, hoe meer word van daardie natuur vertoon……… hy skreeu tot hy sy sin kry……. die oulikste pragtigste dingetjie verander skielik in iets wat jy nie ken nie, nie gedink het bestaan nie!……….Is dit nie waar nie?……..

Dit is waarvan Dawid hier in vers 5 praat……… Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang……..ons natuurlike neiging is om onsself te laat geld……… ander moet by MY planne inpas………. ander moet toegee sodat MY wil kan geskied…….. want dit gaan oor MYSELF……..EK wil god wees in my lewe……. in Effésiërs 2:3 lees ons………onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander. …….. maar let op, daar word gepraat in die verlede tyd……… dit is nie meer so nie……… onder wie ons almal ook vroeër gewandel het ……. so dit kan / is veronderstel om te verander……..

Juis daarom is Romeine 12:2 vir my so kosbaar……..En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. …….ons moet van binne af nuutgemaak word…….. EK moet Christus se voorbeeld navolg…….. EK moet ander se voete was……… die Kruis wat ek elke dag moet opneem, is om MY begeertes en voorkeure ondergeskik te stel aan die Woord en Wil van God……Lukas 9:23…….As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. 24 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. 25 Wat baat dit ‘n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen?

In watter stryd is jy gewikkel?…….. wat is jou grootste dryfveer?………. soek jy erkenning van ander?……… probeer jy mense oortuig om te dink soos JY wil dink?…….. ek het altyd gesê: sodra ons onsself oortuig het iets wat ons begeer of wil doen, is reg,……..sal ons die wêreld probeer oortuig dit is reg,……. selfs teen ons beterwete in……….MAAR dit is waarvan ons moet Vrykom…….. dit is waarvan Romeine 12:2 praat…… my gemoed wat vernuwe moet word……. DIT is waarvoor Jesus gesterf het……… DIT is waarvoor Hy uit die dood opgestaan het……. om ons vry te maak van hierdie “SELF”……..mag God ons die Genade skenk om dit te kan insien.

Here daar is nog soveel wat ons oor hierdie onderwerp kan sê, maar dit is alleen U heilige Gees wat aan ons kan vertoon hoe ons voor U lyk. Hoe ons lyk wanneer ons gestroop is van alle pretensies en voorgee en nakend / deursigtig voor U Heiligheid staan. Skenk ons die Genade om in ons gemoed verander te word sodat ons kan beproef wat U Volmaakte Wil vir ons lewens is. Dankie dat Jesus dit kom moontlik maak het.

Psalm 119:133 – “Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.”

Verskoon asseblief. Ek probeer die clip nog klein genoeg kry om hier te kan plaas, maar dit gaan kortliks oor Bybels wat uitgedeel word en die verstommende reaksie van die ontvangers. Hoe kosbaar hulle die Bybels beskou

Begin deur na die aangehegde video-clip te kyk. Ek weet nie wat die oorsprong is nie, maar vermoed dit is in Noord Korea of in daardie omgewing geneem waar Bybels verban is. Hierdie mense het heel moontlik hulle lewens gewaag net om ‘n Bybel te kan besit. Soos wat ek by herhaling met trane daarna gekyk het, het die volgende vrae net by my opgekom.

  • Hoeveel Bybels staan op ons rakke?
  • Hoeveel Bybels lê dalk êrens en stof vergader?
  • Watter waarde heg ons aan ons Bybel? Om een te kan besit?
  • Hoe kosbaar is die Bybel vir ons?
  • Hoeveel tyd spandeer ons met die Woord van God?
  • Besef ons hoe bevoorreg ons nog is, ten spyte van alle omstandighede rondom ons, om God se Woord vrylik te mag besit en te mag lees?

As daar een sonde is waarvoor ons voor God sal moet rekenskap gee, is die gebrekkige tyd wat ons in Sy Heilige Woord spandeer!…….. ons sal moet ophou om sleg uitgesoekte deeltjies, waarvan ons hou, te lees …… Ons sal die Woord in sy totaliteit as die Heilige Woord van die Lewende God moet aanvaar…….

Vanoggend kan ek maar net ‘n paar verse uit Psalm 119 aanhaal. Elkeen behoord onderstreep en ingekleur te wees……..

9  Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.

11  Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie. …….(is dit nie juis waarom ons aanhou met sonde nie?……. omdat die inhoud van SY Woord nie in ons harte gebêre is nie?……… dalk omdat ons slegs sekere dele lees wat ons pas en die res ignoreer?)

16  Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.

17  Doen goed aan u kneg, sodat ek kan lewe; dan wil ek u woord bewaar.

25  My siel kleef aan die stof; maak my lewend na u woord.

28  My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord.

42  sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord.

43  En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek.

49  Gedenk die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het.

65  U het goed gedoen aan u kneg, HERE, na u woord.

67  Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord.

74  Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek.

81  My siel smag na u heil; op u woord wag ek.

89  Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele.

101  Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u woord kan bewaar.

105  Noen. U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.

107  Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na u woord!

114  U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek.

133  Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.

140  U woord is deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief.

147  Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek.

148  My oë is die nagwake voor om u woord te oordink.

158  Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie.

160  Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

161  Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord.

169  o HERE, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord.

172  My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid.

Here dankie dat U hierdie aangrypende video-clip vir ons gestuur het. Vergewe ons asseblief dat ons U Woord nie Sy regmatige plek in ons lewens toeken nie. Skenk ons die Genade om daagliks tyd te vind of tyd te maak om met U Woord besig te wees. En Here, sluit die verborge geheimenisse vir ons oop sodat ons U beter mag leer ken en U EER vir die Soewereine God wat U is.

Psalm 32:1 – “Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.

So ‘n jaar gelede het ons stilgestaan by Psalm 32, maar vanoggend neem die Here my weer opnuut terug na hierdie wonderlike Psalm van Dawid……..Welgeluksalig / Geseënd / Gelukkig is die een wie se sonde vergewe is…….die een wat in die Lig van God lewe…….die een in wie se hart geen bedrog of voorgee is nie!…… 1bWelgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.  2Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.…….Dawid onthou die tye toe hy sy sonde probeer wegsteek het……hoe dit sy hele wese geaffekteer het……..3Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;  4want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed……Ai, hoe maklik bevind ons ons in daardie donker plek waar ons worstel oor sonde wat ons probeer wegsteek nie…… dit kan ‘n mens letterlik verteer .…Ek dink hier aan Spreuke 28:13……13  Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind….…

Een van die probleme van ons tyd is natuurlik dat sonde nie meer sonde is nie………”everything goes”…… selfs mense wat hulleself opregte Christene noem, neem deel aan sonde wat God haat…….en hulle regverdig hulleself met die gedagtes: “Ag almal doen dit tog”……. “Die hele Bybel is nie meer nou, vandag van toepassing nie. Dit was vir die mense van daardie tyd”……mense se logika en verstand word ‘n instrument in die hande van satan……hulle glo sy leuens eerder as die Woord!………en hoe langer hulle daarmee aanhou, hoe minder is sonde sonde en meer word dit aanvaarbaar ……. en in die proses, ongelukkig, onttrek God Hom stelselmatig van daardie persoon……en die persoon word stelselmatig meer en meer blind vir sonde ……. God onttrek Sy Beskerming van daardie persoon en die een na die ander “ongeluk” begin die persoon tref……. van buite lyk alles nog dieselfde, maar binne woed daardie stryd dat soos Dawid dit stel, ‘n mens se gebeente teer uit en jou binneste brul van die innerlike pyn…….solank mens die sonde nie wil erken en na die Kruis toe neem vir Vergifnis en Verlossing nie……

Maar hoe wonderlik is dit nie as God se Heilige Gees ons wys waar ons fouteer nie!……. dat wanneer ons God vra om ons oortredinge vir ons te wys, ons oë en ore skielik oopgaan vir die Bybelse Waarhede nie!…….Psalm 32:5…… 5My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe.……. ongelooflik is die geleentheid wat God vir ons skep……. Dat Hy Hom laat vind deur die wat Hom soek……..6Daarom sal elke vrome U aanbid in ‘n tyd as U te vinde is…….hierdie voorreg kan ons nie verdien nie……maar ons moet besef dat God nie vir altyd te vinde sal wees nie…… daar gaan ‘n tyd kom wanneer baie Hom gaan soek en nie gaan vind nie……in Hebreërs 12:16 lees ons……..Laat niemand ‘n hoereerder wees nie, of ‘n onheilige soos Esau, wat vir één spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het. 17  Want julle weet dat hy, toe hy ook later die seën wou beërwe, verwerp is, want hy het geen geleentheid vir berou gevind nie, al het hy dit met trane vurig begeer……Esau het sy tyd verspeel …….hy het  sy gegunde tyd en geleenthede nie gebruik nie……..maar in Psalm 32 sê God…….8Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees. ……daarom sê Dawid……..7U is ‘n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding……..en hy vermaan…….terwyl die Here naby is…….9Wees nie soos ‘n perd, soos ‘n muilesel wat geen verstand het nie, wat ‘n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie.  10Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die HERE vertrou — met goedertierenheid sal Hy hom omring.…….dink net wat dit beteken!……..die persoon wie op die Here Vertrou…….wie in Sy Reddende Genade Glo……. Word omring deur God se Goedheid!……… 11Wees bly in die HERE en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!

Here nooit in der ewigheid sal ons hierdie Genade kan verdien nie. Dankie dat U dit kom moontlik maak het Deur en In Jesus Christus. Dankie dat U sonde wat ons belei, vergewe en ons was in die Kosbare Bloed van Die Lam. Dankie vir die absolute Vrede wat ons kan ervaar wanneer al ons sonde vergewe is en ons nie meer iets hoef te probeer wegsteek nie. Daarom wil ons net Juig en Jubbel en U alle Eer gee!

Mattheus 8:3 – “Ek wil; word gereinig! “

‘n Tydjie gelede het die Here vir my hierdie enkele verse aan die begin van Mattheus gegee, en ek het net weer besef hoe maklik mens bo-oor die groter wonderwerk kan lees. Dit het direk na die bergpredikasie plaasgevind……. 1  En toe Hy van die berg afkom, het groot menigtes Hom gevolg…….en die rede hiervoor lees ons in die laaste verse van hoofstuk 7…….28  En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; 29  want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie. …….die kern van die bergpredikasie was dat Jesus die mense geleer het sonde se oorsprong begin in die mens se hart, en word nie noodwendig net met ‘n daad gepleeg nie. Dit het ‘n totale nuwe persepsie by die mense geskep. Daarom wou hulle Hom nie laat gaan nie, en het Hom aanhou volg, maar daaroor gesels ons op ‘n ander tyd.

Hier in hoofstuk 8 het ons te doen met ‘n melaatse man…….2  en daar het ‘n melaatse man gekom en voor Hom neergeval…….And behold, there came to him a leper and worshipped him,…….

Voor ons aangaan, eers ‘n paar gedagtes oor melaatsheid…….. in daardie tyd is melaatsheid beskou as ‘n direkte straf van God…….. ons lees byvoorbeeld dat Mirjam met melaatsheid geslaan is toe sy in opstand gekom het teen Moses…….Numeri 12:9……9  En die toorn van die HERE het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan. 10  En toe die wolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en—sy was melaats! …….Verder lees ons in 2 Konings 5 die geskiedenis van Naäman en Gehási……..25  Toe hy dan inkom en by sy heer staan, sê Elísa vir hom: Vanwaar, Gehási? En hy antwoord: U dienaar het nêrens heengegaan nie.  26  Maar hy sê vir hom: Het my hart nie saamgegaan toe ‘n man van sy wa af omgedraai het jou tegemoet nie? Is dit tyd om die silwer te neem en om klere te neem en olyfbome en wingerde en kleinvee en beeste en slawe en slavinne?  27  Daarom sal die melaatsheid van Naäman jou en jou nageslag vir ewig aanklewe. En hy het van hom uitgegaan melaats, soos sneeu. ……..melaatsheid is as ‘n Goddelike vloek beskou………daarom is melaatses lewenslank verban uit familiekringe en die gemeenskap ……… melaatses kon nooi naby ander mense kom nie want hulle het geweet dit is aansteeklik…….. daarom het die melaatses saam in grotte gebly ……..saam gewoond geraak aan die stank van verrotting,……. terwyl ander mense hulle op ‘n afstand kon ruik…… en niemand behalwe ander melaatses met hulle wou assosieer nie……..dink mooi oor die dieper betekenis hiervan……..

Met dit in gedagte moet ons verstaan wat dit hierdie melaatse gekos het om na Jesus te gaan……..hy moes ‘n ernstige wilsbesluit neem om op te staan en het die risiko geloop om verjaag, of self gestenig te word,…….. maar hy het te midde van die skare wat Jesus gevolg het, voor Hom neergeval en Hom aanbid………2  en daar het ‘n melaatse man gekom en voor Hom neergeval en gesê: Here, as U wil, kan U my reinig.……. Let op sy woorde …….. hy stel geen eise nie…….. net…….. Here, as U wil, kan U my reinig.…….ons ken nie sy agtergrond nie……..ons weet nie waarom hy melaats was nie…….. maar hy het geweet daar is net een manier waarop hy ontslae kan raak van sy stadige doodsvonnis……..daarom val hy voor Jesus neer en aanbid Hom……..hy gebruik die woord “reinig” (“clean”) en nie bv. “maak my gesond” nie, want hy het besef die oorsprong is in sonde en hy moet daarvan gereinig / skoon gewas word…….. en Jesus doen die ontoelaatbare…….Hy raak hom aan……..3  Daarop steek Jesus die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil; word gereinig! En dadelik is hy van sy melaatsheid gereinig.…….

Ek hoop jy begryp wat hier gebeur……..Jesus het die mag om ook ons van ons “melaatsheid” en sonde te reinig…….Hy kan ons vry maak van ons verslawing en die dinge wat ons in daardie stinkende put van melaatsheid hou……..Hy wag net op ons om die eerste stap te neem……. Om te erken HY is die die Enigste Weg waarop ons vry kan kom……en soos die verlore seun op te staan ……..HY wag net dat ons voor Hom neerval en Hom aanbid, sonder om eise te stel……..dan antwoord HY…….. Ek wil; word gereinig!………hierdie uitnodiging is ook vir jou en my vanoggend ……… Nêrens het ek nog gelees dat Jesus na mense toe gegaan het om hulle gesond te maak nie……. nee, hulle het na Hom gekom ……..Mattheus 9:28………28  En nadat Hy in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. En Jesus sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle antwoord Hom: Ja, Here.  29  Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.

Here kom ons ongeloof tot hulp en skenk ons die Genade om met verwagting na U te kom en U te aanbid as die Enigste Weg waarop ons Vrygemaak kan word van die stank van ons sonde.

Hosea 4:6 – “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis”

Aan die begin van hierdie jaar is dit nodig dat ek jou vra: “Wie aanbid jy?”, “Watter god aanbid jy?”…….. miskien klink die vraag onvanpas, of arrogant, of onbillik, of dalk onnodig, maar voordat ons nie hierdie vraag vir onsself eerlik beantwoord het nie, dien dit geen doel dat ons in hierdie dagstukkies deel nie…….

In ons tyd word alle gelowe as gelykwaardig beskou……. ‘n tyd gelede is daar op een van Opera Winfrey se programme so ‘n stelling gemaak: …….”Eventually all beliefs come together and we all honour the same god”………. Muslem…….. Mohammedaan…….. Hindu……… Jood…….. Katoliek…….voorvaderaanbidding…….. Christene……. en nog baie meer…….. noem dit……. almal aanbid dieselfde god……… stem jy saam?……… meeste van hierdie gelowe gebruik uittreksels of gedeeltes uit die Bybel om wat hulle glo geloofwaardigheid te gee,…….. maar is dit die waarheid?………as jy nóú mooi daaroor gaan dink, is my vraag nie meer so onbillik nie……. baie gelowe gebruik stukkies  of beginsels uit die Bybel wat hulle pas, om hulle geloofsoortuigings te staaf, te komplimenteer……. En ongelukkig maak ook baie Christene vandag so……… sekere dele uit die Bybel,…… veral waar daar gepraat word oor sonde, God se oordeel en Sy verwagting van ons om ‘n Geheiligde lewe te lei, word afgemaak as “nie meer van toepassing nie”……..”God is mos ‘n God van liefde” ………”Hy wil mos hê ons moet gelukkig wees”………. en daardie “verouderde” gedeeltes word oorgeslaan want dit pas hulle nie!…….. is die Christene dan nie net so vêr van die Waarheid af as die Muslem of watter ander geloof ookal nie?……… is baie Christene nie ook besig om ‘n selfgeskepte god te aanbid, …..een wat hulle kan hanteer, …..een wat nie te veel van hulle verwag nie en ook nie veel anders lyk as die Ware God nie? …….

Die rede vir my vraag en hoekom ek dit so goed weet, is, ek was self daar……..vir jare het ek myself Christen genoem……. kerk bygewoon…… deelgeneem aan kerk-aktiwiteite,……… maar eintlik het ek ‘n selfgeskepte afskynsel van die Ware God aanbid……… iets wat ek kon begryp…… iets wat ek kon manipuleer om my voorkeure te pas……. maar dit was verseker nie die Ware God Self, wat Homself in elke vers en hoofstuk en Bybelboek tentoonstel nie………ek het elke “goeie” vers geken waar God vrede en voorspoed beloof,……. maar rondom Sy verwagting vir my lewe gelees…….. verby my verantwoordelikhede gelees.

In Hosea 4:6 lees ons: My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis (van Wie God werklik is en Sy verwagtinge) verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet. ……..wat vind ons in die Wet van God?…….. ons hoor dit seker elke Sondag……..Exodus 20:3……. 3  Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. 4  Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. 5  Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;………die ander gode is:…….. my EIE EK……. MY sukses……. My status……. My posisie…….. My geld…….. My besittings…….. My gemak…… My TV programme……… en ek kan aangaan…….. hierdie is alles dinge wat God se tyd in ons lewens opslurp……. Daarom kry ons nie meer tyd om die Woord te bestudeer nie…… ons vind nie meer die tyd om voor die Almagtige Skepper van hemel en aarde stil te word nie………daarom KEN ons die ware God nie meer nie……. want ons aanbid ‘n afgod wat net daar is om in ons behoeftes pas,…….. want alles draai mos vandag rondom “selfies”, en “human rights”……. Terwyl God se Reg op ons lewens vergete is.

Waar staan jy?…….. aanbid jy die Ware Waaragtige Drieënige God?,…….. of ‘n gemakliker afskynsel van Hom?…….. dan moet jy eerder van Hom vergeet en jou lewe hier en nou geniet so goed jy kan, want daarna wag ‘n ewige oordeel……….

Ek sluit af met hierdie paar verse uit Jesaja 3:…….. 8  Want Jerusalem het gestruikel, en Juda het geval; want hulle tong en hulle dade is teen die HERE om sy oë, vol heerlikheid, te trotseer.  9  Die uitdrukking van hulle gesig getuig teen hulle, en hul sonde maak hulle bekend, soos Sodom, sonder om iets weg te steek. (vandag is mense eintlik trots op hulle sonde. Dit word as “normal” bestempel) Wee oor hulle siel, want hulle doen hulself kwaad aan!  10  Sê van die regverdige dat dit met hom goed sal gaan; want die vrug van hul handelinge sal hulle eet.  11  Wee die goddelose! Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word.  12  Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot ‘n dwaalweg gemaak. (vergeet vir ‘n oomblik ons regering en kyk binne jou eie huis)  13  Die HERE staan daar om ‘n regstryd te voer: Hy tree op om die volke te vonnis.  14  Die HERE gaan na die gereg met die oudstes en die vorste van sy volk. Ja, júlle het die wingerd afgewei; wat aan die arm man ontroof is, is in julle huise.  15  Wat is dit met julle dat julle my volk vertrap en die ellendiges mishandel? spreek die Here HERE van die leërskare.  16  Verder het die HERE gesê: Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel,  17  daarom sal die HERE die skedel van die dogters van Sion skurf maak, en die HERE sal hulle skaamte ontbloot.  18  In dié dag sal die HERE wegneem die sieraad van die voetringe en die sonnetjies en die maantjies;  19  die oorversiersels en die armbande en die sluiers;  20  die hoofversiersels en die voetkettinkies en die pronkgordels en die reukflessies en die towermiddels;  21  die vingerringe en die neusringe;  22  die feesklere en die manteltjies en die tjalies en die handsakkies;  23  die handspieëltjies en die hemde en die tulbande en die wye mantels.  24  Dan sal daar in plaas van balsemgeur mufheid wees, en in plaas van ‘n gordel ‘n tou, en in plaas van gevlegte hare kaalheid, en in plaas van ‘n pronkgewaad ‘n roukleed, brandmerk in plaas van skoonheid.  25  Jou manne, o Sion, sal deur die swaard val en jou helde in die oorlog.  26  En sy poorte sal klaag en treur, en hy sal uitgeskud op die aarde sit.

Here gee ons uit Genade geopende oë en ore en ontvanklike harte sodat ons vanoggend kan hoor wat U vir elkeen van ons wil sê. Help ons om eerlik teenoor U en met onsself te wees. U is só vêr bo ons gedagtes en verstand. Dankie dat U ten spyte van U Almag, ons nie verwerp het nie maar IN Jesus Vrymaking aanbied.

Nuwejaars voornemes

Nuwejaars voornemes:

Gewoonlik begin ons elke jaar met baie ernstige voornemes:

  • Ek gaan meer geld spaar ….
  • Ek gaan minder onnodige dinge koop…….
  • Ek gaan gewig verloor……
  • Ek gaan minder lekker goed eet……
  • Ek gaan by ‘n gym aansluit…….
  • Ek gaan harder oefen…….

Hoe lank hou die voornemes gewoonlik?….. Teen hierdie tyd is 20% reeds vergete……teen 20 Januarie 50% en einde Januarie, 90%….. statisties hou slegs 2% tot die einde Februarie….. dan het die meeste van ons weer terug verval in ons ou patroon…… hoekom?….. Let op dat hierdie voornemes uitsluitlik oor myself en “EK” gaan…. Dat EK beter kan lyk….. Dat EK meer aanvaarbaar kan wees….. Dat EK dalk beter sal inpas.

Wat sê die Bybel?…. hierdie kosbare stukkie in  Miga 6 het my geraak….. dinge met Ewigheidswaarde……

6Waarmee sal ek die HERE tegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers?  7Sal die HERE ‘n welbehae hê in duisende ramme en tien duisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?  8Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?……

6“With what shall I come before the LORD, and bow myself before God on high? Shall I come before him with burnt offerings, with calves a year old?  7Will the LORD be pleased with thousands of rams, with ten thousands of rivers of oil? Shall I give my firstborn for my transgression, the fruit of my body for the sin of my soul?”  8He has told you, O man, what is good; and what does the LORD require of you but to do justice, and to love kindness, and to walk humbly with your God?

God vra nie brandoffers nie….. HY vra nie ons “skate” nie, want dit behoort in elk geval reeds aan Hom….. Hy vra van ons om getrou te bly by / in die goeie wat ons van Hom geleer het……om Geregtigheid na te jaag….. om ander in Liefde te dien…… om ontslae te raak van die “EK” en gepaardgaande hoogmoed in jou lewe……. Om God in Eenvoud en Ootmoet / Nederigheid te dien…… geen groot ingewikkelde formules nie…… maar daar is ‘n verskuilde geheim…… moenie die wêreld se maatstawwe volg nie……

11Sal Ek rein kan wees by ‘n valse weegskaal en by ‘n sak vol bedrieglike gewigte?  12Want die rykes in die stad is vol geweld, en die inwoners daarvan spreek leuentaal, en hulle tong is bedrog in hulle mond.  13So slaan Ek jou dan ook met ‘n smartlike wond, met verwoesting weens jou sondes. ……14Jy sal eet, maar nie versadig word nie, sodat jou honger in jou binneste bly; en jy sal wegbring sonder om iets te red; en wat jy red, sal Ek aan die swaard oorgee.  15Jy sal saai, maar nie maai nie; jy sal olywe uittrap, maar jou nie met olie salf nie, en mos maak, maar geen wyn drink nie.  16Want die insettinge van Omri word onderhou en al die werke van die huis van Agab; en julle wandel ooreenkomstig hulle planne, sodat Ek jou tot ‘n woesteny sou maak en die inwoners daarvan ‘n bespotting: en die smaad van my volk sal julle dra.  ……

Vir so lank as wat die wêreld (Omri en Agab) my maatstaf is……… ontvang ek nie die goeie wat God vir my bedoel nie…..maar eerder God se oordeel…… wat is dan die geheim?…..menslik gesproke en op ons eie stoom, is dit net onmoontlik….. in eie krag gaan ons ook soos bogenoemde statistiek presteer….. einde Februarie hou nog net 2% aan….. om voluit, jaar deur, ‘n leeftyd lank, tot eer van God te leef…… word net moontlik met my hand in die hand van Jesus….. wanneer ek besef dat “EK” NIKS is nie…… en ek God in Eenvoud en Nederigheid dien….. met ‘n onbesmette en rein gewete…… geen verskuilde agendas nie……net in opregte Nederigheid voor Die God wat elke gedagte en motief ken.   Mag dit julle nuwejaars voorneme vir 2014 wees……

to walk humbly with your God

Here leer ons in hierdie jaar meer en meer hoe om ons “eie ek” te kruisig en in absolute Nederigheid voor U te Wandel