Job 1:21b – Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!

Wanneer ons skielik gelyktydig deur ‘n klomp ongelukke getref word, wonder ‘n mens: “Waarom?” ……… Daar is mense wat dan beweer dit is die gevolg van sonde in ons lewens, (wat wel die oorsaak mag wees) net soos Job se vriende, en hulle vergeet maklik die eerste gedeelte van Job hoofstuk 1, waar Job se absolute getrouheid aan God verklaar word……1 Daar was ‘n man in die land Us wie se naam was Job; en dié man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad…….There was a man in the land of Uz whose name was Job, and that man was blameless and upright, one who feared God and turned away from evil.……..Job het duidelik enige vorm van sonde vermy ….. weggedraai daarvan,……. en daarom het God hom met oorvloed geseën……2 En vir hom is daar sewe seuns en drie dogters gebore. 3 Daarby was sy besitting sewe duisend stuks kleinvee en drie duisend kamele en vyf honderd paar beeste en vyf honderd eselinne en ‘n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste.……..vandag nog seën God mense wat Hom getrou navolg en dien…… nie omdat HY móét nie, maar uit Genade……..

Job het selfs vir sy kinders het se sonde ingetree…… 5b Dan maak Job die môre vroeg klaar en bring brandoffers vir elkeen van hulle; want Job het gedink: Miskien het my kinders gesondig en God in hulle hart geseën! So het Job altyd gedoen……. and he would rise early in the morning and offer burnt offerings according to the number of them all. For Job said, “It may be that my children have sinned, and cursed God in their hearts.” Thus Job did continually.

Ons lees dat God trots was op Job se vroomheid……. HY het selfs gespog oor Job ….. 8 En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.…….. maar let op die duiwel se antwoord…….9 En die Satan antwoord die HERE en sê: Is dit verniet dat Job God vrees? 10 Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land……….Have you not put a hedge around him and his house and all that he has, on every side?……..die duiwel beweer daar is ‘n heining van God se Beskerming rondom Job en daarom kan hy hom nie bykom nie…… ons lees in Psalm 5:12……..Want U seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met ‘n skild…….. en ook in Psalm 34:7………Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit. ……..

So, hieruit kan ons aflei dat die wat ‘n lewe leef wat God eer, onaantasbaar is vir die duiwel ……..hy het geen houvas of mag oor hulle nie!………. solank hulle getrou bly, trek God ‘n laer van beskerming rondom hulle…… besef ons die ware betekenis hiervan?………ons is, soos hier in Job, geneig om wanneer dit goed gaan met ons, te vergeet van al die Seëninge wat God so aanhoudend oor ons uitstort…….. ons dink nie eers daaraan dat Hy ons oomblik vir oomblik beskerm teen gevare en lokvalle wat die duiwel in ons pad lê nie…….ons kan dit maklik as vanselfsprekend aanvaar…….. maar nie Job nie…… hy gee God al die eer…….. en tog, afgesien van Job se vroomheid, lig God daardie heining van beskerming net so effens en gee die duiwel toestemming om die kwaliteit van Job se geloof te toets…….. hoe reageer ons wanneer dit met ons gebeur?……. toe dit my tref, het ek gedink: “Here, wat het ek gedoen om hierdie teëspoed te verdien?”……… ek was nog by die “verdien” stadium……… het nog nie die Grootheid van God se Onverdiende Genade geken nie…….. en ek het die toets gedop…….. maar nie Job nie……..20 Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval 21 en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd! 22 By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie, …….hoe reageer ons?…….. begin ons die Here verkwalik oor die “teëspoed” wat eintlik bedoel is as ‘n toets vir ons getrouheid?…….. vergeet ons dan SY vorige Beskerming elke oomblik van elke dag?…….. dink ons steeds ons “verdien” God se seëninge?……….

Wanneer dit so donker word rondom ons……..moet ons besef dat selfs in daardie moeilike omstandighede is God steeds in beheer…….. selfs al lyk dit nie so vir ons nie……..ons lees in 1 Korinthiërs 10:13………  Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Here ons geloof en vertroue op U Almag skiet so vêr tekort. Dankie vir hierdie versekering dat afgesien van enige omstandighede, U steeds in beheer is. Skenk ons die Genade om soos Job, afgesien van omstandighede, steeds getrou te bly aan U en U te Eer met ons lewens.

Leave a Reply