1 Korinthiërs 10:12 – “Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.”

Vanoggend moet ek vroeg vertrek, maar ek wil tog vir julle herinner aan hierdie gedeelte in 1 Korinthiërs 10.

Paulus herinner die Christene aan wat met die Israeliete gebeur het,……. afgesien daarvan dat hulle saam met al die ander uit Egipte weggetrek het……..1  Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, 2  en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, 3  en almal dieselfde geestelike spys geëet het, 4  en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. 5  Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.…….ten spyte daarvan dat hulle aan alles deelgeneem het……. ten spyte daarvan dat hulle God se wonders beleef het……. kon hulle steeds nie glo en vertrou op God se Almag oor selfs die reuse en om die land Kanaan in te neem nie ……. (Lees gerus Numeri 13 en 14)…….. en dan gaan Paulus aan…….6  En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.  7  En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. …….dit het net gegaan oor hulle eie geluk en eie begeertes ….. God se wonders in hulle lewens was reeds vergete……. 8  En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval.  9  En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom.  10  En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom.  11  Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.…….. ons kan dus soos hulle dink deur deel te wees en deel te neem aan God se dinge……. maar terselfdertyd besig te wees met ons eie afgode, hoereering, murmureering, aanhou om God te versoek……ons OK is…… daarom sê Paulus……..12  Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. …….moenie vir God die skuld gee nie, want……. 13  Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie;…….net ons eie sondige menslike begeertes……gelukkig het die vers ‘n MAAR……. maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra. 14  Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens. ……. met ons hand in die Hand van Jesus ……. wanneer ons vlug van al hierdie dinge……. Red God ons uit die versoekings van ons menslike natuur……..

Waar staan jy en ek?…….. vlug ons vir die dinge wat God nie behaag nie? ……… of ondervind ons dalk dat ons steeds aanhou toegee aan ons menslike begeertes? …….. dat ons nie Christus se Vrymaking en Verlossing met albei hande aangryp nie?……… dan gaan ons dalk te laat die ware betekenis van hierdie vers begryp……. Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

Here weereens dankie vir hierdie kosbare herinnering. Bewaar ons daarvan om op valse hoop te bou en te dink ons kan op ons eie staande bly teen die versoekings van die wêreld. Dankie vir die uitgestekte Han van Jesus en U onderneming dat ons nie bo ons kragte versoek sal word nie. Skenk ons die Genade om getrou te bly aan U Woord.

Leave a Reply