1Samuel 17:26b – “wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die lewende God durf uitdaag?”

Een van die eerste Bybelstories wat ons ons kinders leer, is Dawid en Goliat, maar ek wonder soms of ons die volle betekenis van hierdie té bekende verhaal begryp?…….moet geen fout maak nie…… Goliat was massief groot…….. hy was skrikwekkend groot…….. so groot dat die Israeliete wou weghardloop!……. 4 Toe kom daar ‘n baasvegter uit die laers van die Filistyne, met die naam van Góliat, uit Gat; sy hoogte was ses el en ‘n span. ……..8 En hy het gaan staan en roep na die slagordes van Israel en vir hulle gesê: Waarom trek julle uit om jul in slagorde op te stel? Is ek nie die Filistyn, en julle dienaars van Saul nie? Kies vir julle’n man uit, dat hy na my toe afkom. 9 As hy teen my kan veg en my verslaan, sal ons julle slawe wees; maar as ek hom oorwin en hom verslaan, moet julle ons slawe wees en ons dien. 10 Verder sê die Filistyn: Ek daag die slagordes van Israel vandag uit! Gee my ‘n man, dat ons saam kan veg. 11 Toe Saul en die hele Israel hierdie woorde van die Filistyn hoor, was hulle verskrik en baie bevrees.…….. hulle het net hierdie reusagtige monster van ‘n man voor hulle raakgesien en vir ‘n oomblik vergeet WIE aan hulle kant is!…….

Is dit nie tipies hoe ons ook reageer as ‘n reus voor ons verskyn nie?………wat is jou reus?……… jou humeur?…….. of dalk ‘n “onskuldige” sigaret?…….. dalk ‘n “sosiale” drankie?……..of dalk een of ander verslawing?……… pornografie?…….. Internet?……….TV sepies……..begeerte na ‘n ander persoon se motor,……… of dalk sy vrou?…….. wat is jou Goliat wat jou laat vergeet WIE aan jou kant is?……… wat jou laat vergeet dat die versoekings en die magte van satan reeds oorwin is by die Kruis en die Opstanding van Jesus Christus?……….hoe maklik kry die duiwel dit nie reg om ons met so ‘n uiterlike vertoon, totaal te oorbluf en te laat vergeet van die Waarheid nie?……..die Waarheid dat ALLE Krag en Mag in die hemel en op aarde reeds aan Jesus behoort!

Toe Dawid daar opdaag……..20 En die volgende môre vroeg het Dawid hom klaargemaak: die kleinvee aan die wagter afgegee en opgelaai en weggegaan soos Isai hom beveel het. En toe hy by die wa-laer kom, hef die leërmag wat na die vegterrein uittrek, juis die krygsgeskreeu aan. …….23 En terwyl hy met hulle spreek, kom juis die baasvegter—Góliat is sy naam, die Filistyn uit Gat—uit die slagordes van die Filistyne op en spreek daardie selfde woorde, sodat Dawid dit hoor. 24 Maar toe al die manne van Israel die man sien, vlug hulle vir hom weg, want hulle was baie bang. 25 En die manne van Israel sê: Het julle die man gesien wat daar opkom? Want hy kom op om Israel uit te daag. En die koning sal die man wat hom verslaan, oorlaai met groot rykdom; ook sal hy sy dogter aan hom gee en sy familie in Israel vrystel van belasting.……… dink julle Dawid het vir een oomblik gedink aan die beloofde beloning?……… nee, hy het net gehoor hoe sy God uitgedaag word………26 Daarop het Dawid die manne wat by hom staan, gevra en gesê: Wat sal met die man gebeur wat hierdie Filistyn verslaan en die smaad van Israel wegneem? Want wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die lewende God durf uitdaag? ……..terwyl die krysmanne wil weghardloop, neem die seun ‘n standpunt in…….Dawid kan nie toelaat dat sy God so verneder word nie,……..

Maar let op wat gebeur…….. sy broer, naaste aan hom, word kwaad en beskuldig hom…..28 Toe sy oudste broer Elíab hom met die manne hoor spreek, het Elíab baie kwaad geword vir Dawid en gesê: Waarom het jy eintlik afgekom, en aan wie het jy daardie klompie kleinvee in die woestyn afgegee? Ek ken jou vermetelheid en die boosheid van jou hart, want jy het afgekom om die geveg te sien. ……so gebeur dit telkens met mense wat eintlik veronderstel is om self in die geveg betrokke moet wees…….. ‘n struikelblok word vir die wat wel tot die geveg toetree ……..’n struikelblok vir die wat wel standpunt inneem vir God en Sy werk……… wanneer jy kies om die Goliat in jou lewe te beveg, jy gaan teestand kry van die mense die naaste aan jou, van die wat jy dit die minste verwag …… hulle gaan jou vertel dit is onmoontlik en jy moet jou aandag eerder bepaal by die dinge wat jy kan doen en jou nie inlaat op plekke waar jy nie hoort nie…….. maar Dawid laat hom nie negatief beïnvloed nie …….36 U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het. 37 Verder sê Dawid: Die HERE wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die HERE met jou wees! ………Met die monster van ‘n Goliat voor hom, onthou Dawid die tye waar die Here, sy God, hom uit onmoontlike situasies gered het…….. wat doen ons?……..skram ons saam met die Israeliet weg en sidder voor die reus?…….. of volg ons Dawid se voorbeeld na en staan vas teen die aanval van ons eie Goliat?

Here op so baie plekke in U Woord beklemtoor U hierdie Waarheid. Skenk ons die Genade om by ons eie Goliat verby te kyk en U Oorwinning agter hom vir onsself toe te eien

Leave a Reply